Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mesaanval by skool

’n 16-jarige moes Dinsdag 31 Julie ’n noodoperasie ondergaan nadat medeleerders hom aangerand en gesteek het.

Dié gr.10-leerder van Hoër­skool Lückhoff, Johnwill Wenn, is omstreeks 13:15 by die skool deur ’n groep seuns aangerand.

“Hulle wou hom blykbaar van sy sakgeld en selfoon beroof. Dié seuns is glo moeilikheid­makers,” vertel die pa, Edwin Wenn.

Wenn sê sy seun het homself probeer verdedig, maar is voor die kop en deur die long gesteek.

“Hy moes ’n noodoperasie on­dergaan nadat die meswond deur die long byna sy hart geraak het. Deur die Here se genade was die operasie ’n sukses – hy kan nog nie praat nie, maar sterk in die waakeenheid aan.”

’n Bekommerde Wenn sê hy vrees nou ook vir sy jongste seun, ’n gr.8-leerder, se veiligheid.

“Hy is ook al voorheen met ’n mes gedreig. Dit is duidelik dat leerders glad nie veilig is by die skool nie, want menige ouer kla gereeld dat hul kinders hiér aangerand word.

“Hoe is dit moontlik dat kinders met messe by die skool toegelaat word? Is daar geen beheer of orde nie?”

Wenn sê hy hoop dié voorval moedig ouers aan om op te staan. “Ek is regtig teleur­ge­steld; jy stuur jou kind skool toe om te leer nie om seerge­maak te word nie.

“Dit het tyd geword dat ons weer die skool in orde kry – dit moet ’n plek wees waar gehalteonderrig aangebied word en ’n plek waar veiligheid ’n prioriteit is voordat iemand ernstig beseer of doodgemaak word. So kom ons hou op om al die moeilikheidmakers te beskerm.”

Die Cloetesville-polisie sê twee verdagtes is vir ernstige aanranding in hegtenis geneem.

“Die seun is by die skool gestabiliseer en onmiddellik na die Mediclinic gehaas,” sê Chris Jooste, die skoolhoof.

Die skool se beheerliggaam het op ’n vergadering Dinsdagaand aangedui dat die verdagtes geskors gaan word. Die beweerde aanrander is ’n gr.9-leerder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.