Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Middedorp loop weer deur

Algemene werkers van Stellenbosch-munisipaliteit het Maandag (27 Julie) die middedorp ingevaar nadat hulle nie hul verwagte jaarlikse salarisverhogings met hul Julie-salaris ontvang het nie.

Van die werkers het vullis in die strate gegooi en aan die brand gesteek.

Party algemene werkers het ook nie Dinsdag gewerk nie.

Met die betoging het werkers by die munisipale kantoor in Pleinstraat stilgehou om antwoorde van die munisipale bestuurder oor hul salaris­verhogings te kry. Werkers het ook die bedanking van Annalene de Beer, direkteur van strategiese en korporatiewe dienste, geëis, onder meer omdat die munisipaliteit nie vanjaar ’n skoon oudit gekry het nie.

Deon Louw, direkteur van Stellenbosch-munisipaliteit se ingenieursdienste, het die werkers toegespreek.

Volgens Stuart Grobbelaar, Stellenbosch-munisipaliteit se kommunikasiebestuurder, het die nasionale tesourie ’n aanbeveling gemaak dat salaris-verhogings vir munisipale amptenare nie geïmplementeer word nie totdat onderhandelings tussen die Vereniging vir plaaslike regerings (Salga) en die plaaslike regering-bedingingsraad (SALGBC) gefinaliseer is.

Ingevolge ’n kollektiewe salaris- en loonooreenkoms wat in 2018 gesluit is, sou werkers van 1 Julie ’n verhoging van 6,25% ontvang. James Brown, voorsitter van die munisipale vakbond Samwu sê hul salarisse moet ingevolge die ooreenkoms van 2018 aangepas word.

“Die werkgewer hardloop weg van ons en kan nie vir ons sê wat met ons verhogings aangaan nie. Die verhoging-ooreenkoms is vir ’n periode van drie jaar geteken.

“Hulle het net vir ons gesê hulle gaan aansoek doen om ’n vrystelling om nie verhogings te betaal nie, maar het verder niks vir ons gesê nie.”

In ’n boodskap van die direkteur-generaal van die nasionale tesourie, Dondo Mogajane, aan munisipaliteite sê hy onder meer die volgende: “Salga het die SALGBC genader om ’n vrystelling namens alle munisipaliteite vir die implementering van die 2020-’21- salarisverhogings te kry op grond van die onverwagse swaar ekonomiese toestande weens die Covid-19-pandemie. Hierdie aansoek word tans deur SALGBC geprosesseer.”

Grobbelaar sê dis belangrik om die volgende in gedagte te hou: “Hierdie is nasionale wetgewingsprosesse. Nie die uitvoerende burgemeester, munisipale bestuurder, direkteurs of die raad het die mag of mandaat om salarisse te bepaal nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.