Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Modelvliegtuie styg op

Stellenbosch se model-vliegtuigakademie, die Stellenbosch Model Aircraft Academy (SMAA), het verlede Sondag sy jaarlikse oorlogvliegtuig-vliegdag aangebied en modelvlieëniers van oor die Wes-Kaap – sommige van so ver as Worcester en Hermanus – het opgedaag.

Dié byeenkoms is Sondag 15 November by die vlieg-akademie se vliegveld op die Wild Clover-plaas net buite Stellenbosch gehou.

Die vliegdag is ingevolge Covid-19-regulasies van vlak 1- en die reëls van SA modelvliegtuigvereniging-(SAMAA) gereël en geen toeskouers is toegelaat nie.

Meer as 25 vlieëniers het deelgeneem en met hul pragtige modelle kom spog.

Die oorlogvliegtuigkategorie vereis dat alle modelle ’n akkurate skaalweergawe van die volskaalse model moet wees. Die pragtige skaalmodelle word baie sorgvuldig met die hand gebou en dit kan tot ’n jaar neem om een te voltooi.

Selfs veroudering en skade word in die fynste besonderhede op die verfwerk met ’n spesiale verftegniek aangebring om die oorlogskade in gevegte voor te stel.

Modelle soos die dubbelvlerk- Sopwith Pup van die Eerste Wêreldoorlog was te sien, en vanjaar is veral gekenmerk deur bekende grootskaalmodelle uit die Tweede Wêreldoorlog, soos die beroemde Spitfire-, Mustang- en Corsair-vegvliegtuie.

’n Piper Cub, wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog spesiaal vir oorlogsdiens aangepas is met ’n vlerkspan van meer as 4,5 meter, was ook te sien.

Modelvlieg is ’n sport vir alle ouderdomme en die oudste deelnemer was 73 jaar en die jongste 14 jaar oud.V Mense wat modelvlieg hul stokperdjie wil maak, of meer wil hoor oor die doen en late van SMAA, kan Nic van Rensburg by 082 700 1856 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.