Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moordenaar gevonnis

Hulle het begin hoop verloor dat die man wat hul ma, suster en dogter verkrag en vermoor het, ooit aangekeer sou word.

Andrew Jordaan (35) is egter Donderdag 24 Oktober 12 jaar ná die wrede moord in die Wes-Kaapse hooggeregshof lewenslank vir moord en 10 jaar vir die verkragting van Felicity Cilliers (29) gevonnis.

Cilliers se lyk is in Mei 2007 – enkele dae nadat sy vermis geraak het – op Longlands-plaas langs Polkadraaiweg gevind. Sy is verwurg, met ’n voorwerp geslaan en haar lyk is in die wingerd agtergelaat.

Cilliers se broer, Denzil Esau, sê die gesin kan nou uiteindelik aanbeweeg. “Ons is verskriklik opgewonde en gelukkig dat dit nou verby is. Soveel jaar het verbygegaan sonder enige antwoorde. Die lewenslange vonnis maak alles egter die lang wag werd.”

Die familie, veral sy pa, Johannes Cilliers (64), wat in Vlottenburg woon, kan nou verby dit kyk, sê Esau.

“My pa en my suster, Daleen, het dit baie moeiliker gevat, want hulle het naby haar gewoon. My pa is baie tevrede met die vonnis. Ek was bly om te sien hoe hy Donderdag buite die hof glimlag.”

Jordaan is in Mei vanjaar skuldig bevind nadat hy in Julie 2018 in hegtenis geneem is. Hy het skuld op albei aanklagte ontken en was uit op parool vir die moord op ’n ander vrou in Vlottenburg wat hy in Junie 2007 gepleeg het, toe hy vir die moord op Cilliers in hegtenis geneem is.

Mbulelo Koti, die staatsadvokaat, het ter strafverswaring van Jordaan se vonnis sy vorige skuldigbevinding genoem.

“Hy is geneig om misdade teen vroue te pleeg. Hy het haar familie geken en naweke met hulle gesosialiseer. Die oorledene se dood het sekondêre trauma vir haar kinders veroorsaak. Die beskuldigde het die familie nooit om verskoning gevra nie en het geen berou getoon nie.”VNog ’n berig op bl. 2.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.