Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mr X van Die Vlakte was voorste skoendief

Met die laaste beurtkrag, gewapen met die Klaagliedere van Jeremia (oukei, hier lieg ek, want wie kan nou sonder lig lees?), maar tog was ek wel toegedaan om donker, beweeglike figure voor my huis waar te neem.

Hulle kom mos in die nag uit, soos Dracula, om die bloed van die gemeenskap uit te suig. Strategies sal hulle in bebosde gebiede skuil met die intensie om jou wall to wall TV of jou laptop vinnig met ’n handsweep voor jou neus weg te raap.

Dit remind my aan Mister X van Die Vlakte wat vinnig oor Mister De Wet se onbesette skoene-toonbank kon spring. Hy’t presies geweet wanneer die assistent op middagete gaan en dit ge-time met sy gesteelde horlosie van American Swiss. Shap-shap het hy sy ou skoene met nuwes vervang en sy oues met stink sokkies en al in die leë dosie teruggeplaas. Vir ’n fine cheek het hy die paar verdwaalde ballonne wat op die toonbank gelê het, saam met die ou skoene geplaas. Ballonne was maar altyd ’n aantrekkinskrag vir ons laaities, as jy moes decide watter boks skoene jou pas, gebaseer op die kleur van die ballon in die boks, never mind tone wat druk!

Nou die dag het ek so ’n episode gehad waar ’n hele plaat blomme uit my tuin gesteel is, maar toe was daar nie beurtkrag nie. Dit was amper soos ’n voorskou, want hulle het dit drie keer kom doen asof daar ’n groot mark daar buite is. Een manier om dit te voorkom, is om nie gesteelde goedere te koop nie.

Die dramatiese voorskou het toe die vrese laat loop sodat ek maar my hele erf met yster omhein het en my voorstoep die domein van ’n nightwatcher verklaar. Niks gaan verby my oë nie. My reukvermoë het ook versterk. Die ene swawel soos in die duiwel se donkerste gat en p@###%*rige reuk wat selfs muishonde na hul gate terug sal ja as een van hulle geruisloos verbysweef.

Glo my vry, die laaste beurtkrag was toe nie so erg nie, want my Robocop scanning oë het nie meer ge-scan nie, maar die heerlike ondervinding van ’n soele aand met vars blommeruik het my oë in die donkerte hemelwaarts laat keer waar ek amper soos Moses innie fliek King of Kings met lig wat Hollywood-styl uit sy oë kom, na die lewendige, ope ruim met hemelliggame gevul, kyk.

Dis soos om na ’n lewendige baaiskoup te kyk wat jou laat verlang na donker nagte in die Karoo. Eintlik meer, want die God van wie my ma my geleer het, het lewendig geraak en vir ’n oomblik was alles gewyd totdat Eskom weer sy krag aanskakel met sy 16-persent-verhoging wat hy seker binnekort gaan kry . . .

They are playing us, want nou is dit al weer so, sonder krag op 30 Januarie 2020 onwards, as ek 04;00 die oggend my gang af strompel om ’n kers te vind. Hel!

Hilton Biscombe,
stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.