Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Munisipaliteit swyg oor wat hy met grond gaan doen

Vervolg van bl. 1

Intussen het die provinsiale departement van behuising op 25 Januarie vanjaar aangedui dat hy die munisi­paliteit se aansoek om die grond teen R45 miljoen aan te koop, sal ondersteun.

Stuart Grobbelaar, woordvoerder van die munisipaliteit, het by navraag gesê die raad het reeds in November 2017 aan die munisipale bestuurder ’n mandaat gegee om oor die grond te onderhandel vir die hele noordelike uitbreiding.

“Verder kan ons nie kommentaar lewer nie, gegewe die sensitiewe aard van die onderhandelings wat aan die gang is.

“Die eerste respondente in die saak het slegs aansoek gedoen om verlof tot appèl, maar daar is nog nie verlof tot appèl toegestaan nie.

“Die munisipaliteit bly daartoe verbind om grond te bekom om soveel behuisingsgeleenthede moontlik vir inwoners te skep.” Grobbelaar wou nie kommentaar lewer oor die planne wat die munisipaliteit met hierdie stuk grond het nie, wat van die huidige grondbesetters gaan word en of die grond vir behuising ontwikkel gaan word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.