Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Naweek van plaasaanvalle deur klapmusbende

Een slagoffer is in ’n plaasaanval by die De Zeven-gastehuis in Banhoek gewond toe vyf mans wat klapmusse gedra het, gaste aangeval het.

’n Man is drie keer in ’n onderonsie raakgeskiet, waarna die verdagtes met leë hande gevlug het.

Die voorval in Banhoek het Saterdag (12 Junie) omstreeks 21:55 plaasgevind. Volgens bronne het ’n onderonsie tussen die gaste en indringers uitgebreek waartydens die man geskiet is.

Die bestuurspan van De Zeven-gastehuis het vinnig opgetree en die gaste gehelp om by die hospitaal uit te kom.

Wagte van ’n veiligheidsmaatskappy was ook binne minute op die plaas.

In nog ’n aanval – dié keer in die Paarl, by die Amberg-gasteplaas – is drie susters en hul vriend deur vier mans oorval waar die slagoffers pas klaar gebraai het. Die vroue is vasgebind en die aanvallers het met onder meer selfone, juweliersware, geld, skoene en klere gevlug.

Verlede maand het die La-Ferme- gasteplaas in Franschhoek ook onder ’n groep aanvallers deurgeloop.

Plaaseienaars in die omgewing is nou op hul hoede terwyl die polisie steeds die aanvallers soek.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê geen verband is tussen die twee aanvalle gevind nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.