Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nog ’n man doodgebyt

Die lykskouing op Chapman Banisi (57), wie se lyk verlede Donderdagmiddag in ’n beboste gebied in Jamestown gekry is, het getoon dat hy deur ’n dier doodgebyt is.

Gemeenskapslede het net twee dae tevore Nelson Madolo, wie se lyk Dinsdag 16 Julie in dieselfde gebied naby die woonbuurt Mountainview gevind is, ter ruste gelê.

Die lykskouing het getoon dat Madolo deur ’n dier doodgebyt is. Dierespore is naby Madolo se lyk gevind en ’n ondersoek na watter soort dier dit was, is nog aan die gang.

Hartseer familielede van Banisi het gesê hulle het hom Dinsdagoggend by die polisie as vermis aangemeld. Sy tante, Mabel Jackson, het hom Maandagoggend apteek toe gestuur om haar man se pille te gaan haal. Dit is iets wat Banisi gereeld gedoen het, maar toe hy Maandagmiddag nog nie terug was nie, het sy familie besef iets is nie pluis nie. “Hy was ’n staatmaker en het nooit rondgedwaal nie,” volgens Jackson.

Mina Siebritz, Banisi se lewensmaat, sê sy het hom gewaarsku om nie meer alleen in die bosse te loop nie. “Ek het gesê: ‘Jy het gesien wat met die ander man gebeur het.’ Ek kan dit nou nog nie glo nie. Hy was ’n goeie mens wat altyd vir die kinders hier lekkers gekoop het.”

Die waarnemende bevelvoerder van die Stellenbosch-polisie, kol. Deon Beneke, raadslid Rickus Badenhorst, hoof van die Wynlande-polisiekluster, Neville Malila en die polisiewoordvoerder Nathalie Martin het Vrydag (2 Augustus) die gemeenskap van Mountainview besoek om na inwoners se bekommernisse te luister.

Beneke het aan inwoners gesê die ondersoek geniet groot voorkeur en hulle aangeraai om die gebied eerder te vermy. VVervolg op bl. 2.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.