Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuutste parkeermeterstelsel maak middedorp nóg minder gerieflik vir inkopies

Ek wil darem ook net mond uitspoel oor die nuwe parkeermeterstelsel wat onlangs in die dorp ingestel is.

Verandering is dikwels goed en as dit nog met vooruitgang gepaard gaan, kan niemand mos kla nie.

Nou, hierdie nuwe boetebessies en -beeste wat die strate vol stap, is iets anders.

Dit was mos veronderstel om ’n beter diens aan ons Stellenbossers te lewer.

Nou het hulle almal kaartmasjiene en jy kan – so sê hulle – gerieflik met jou bankkaart betaal, of dan die spesiale een waarop jy parkeergeld kan laai. Jy kan dit doer anderkant in Crozierstraat gaan koop, ja. Stap maar, moet net nie jou kar daar los waar jy is nie, anders word jy beboet.

Ek doen werk vir my werkgewer en hulle het nie ’n bankkaart vir parkeergeld nie. Hoe nou gemaak? Met my eie geld betaal? Nee, ek dink nie so nie. En hoe veilig is die kaartstelsel? Ons het mos al op die harde manier geleer dat hier min dinge is waarin misdadigers nie hul tande kan inslaan nie.

Daar was baie gebreke met die ou parkeerstelsel, veral as jy die twyfelagtige voorreg gehad het om voor die Rynse kerk deur vriendelike parkeerassistente ontvang en touwys gemaak te word. Suid-Afrikaners is waarskynlik bedag op hul skelmstreke, maar wat van mense van buite die dorp of selfs toeriste uit die buiteland?

Hulle is gereeld ingeloop met beloftes van ja, parkeer maar, maar betaal my net R50 dan is alles reg. En kom die amptelike verkeersbeamptes verby met hul boekies vol pienk kaartjies, is dié ouens so gaaf om dit van jou venster te verwyder sodat jy oor ’n maand of wat ’n lekker vet boete in die pos kry – of erger nog, ’n dagvaarding.

Daar is net soveel probleme met die nuwe stelsel wat dit vir ons ongeriefliker maak as voorheen.

’n Mens sou hoop dat die stadsraad vooraf hul somme en planne sou maak om alle gebeurlikhede hok te slaan. Dis mos hoekom hulle in ons diens staan.

Woedende Motoris,
STELLENBOSCH
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.