Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe krag vir bemarking

Die samesmelting van twee van die dorp se grootste bemarkingsliggame is ’n reusestap in ’n nuwe rigting.

Stellenbosch Wynroetes en die toerisme-liggaam Stellenbosch 360 het die dorp en al sy aantreklikhede die afgelope paar jaar afsonderlik van mekaar so wyd as moontlik bemark.

Elkeen van hierdie organisasies het alles in sy vermoë probeer om so veel as moontlik toeriste na Stellenbosch te lok om te help dat die dorp ekonomies vooruitgaan.

Sedert die 1970’s – toe die eerste bemarkingsliggaam die lig gesien het – is op die unieke kenmerke van die dorp en sy omgewing gefokus.

En Stellenbosch het soveel om besoekers en inwoners te bied.

Buiten die ryk kultuurhistoriese erfenis van die land se tweede oudste dorp, is hier ’n versameling restaurante en kuierplekke wat bydra tot die unieke karakter van die dorp.

En dan is daar natuurlik die groot aanbod wynplase wat Stellenbosch deur die jare op die wêreld se wynkaart geplaas en gehou het. Jaar ná jaar tel Stellenbosch se groot verskeidenheid wyne onder die bestes ter wêreld en staan ons wyne voor in die ry as dit by die uitdeel van toppryse kom.

Dit was ook legendariese wynmakers soos Spats Sperling, Frans Malan en Stevie Smit wat grootliks daartoe gelei het dat ’n bemarkingsfokus vanuit die wynbedryf die aandag op Stellenbosch begin vestig het. Vandag pluk die hele dorp die vrugte daarvan.

Deur die jare het restaurante, verblyf- en leefstylaktiwiteite bygekom, en het Stellenbosch 360 die dorp in die kollig op die wêreld se toerismeverhoog geplaas en gehelp dat derduisende oorsese besoekers die dorp jaarliks by hul reisplanne insluit.

Nou het ’n nuwe tydvak van gesamentlike bemarking van al hierdie bates onder een vaandel aangebreek en kan dit nog groter groei vir die dorp beteken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.