Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe mark nou oop

Franschhoek het die afgelope naweek ’n vroeë Kersgeskenk ontvang in die vorm van ’n fantastiese nuwe markruimte vir informele handelaars.

Daar word reeds vir meer as 15 jaar handel gedryf langs die munisipale kantoor in Franschhoek.

’n Netjiese perseel is egter noodsaaklik vir goeie sake en daarom het Stellenbosch-munisipaliteit in 2017 besluit om die bestaande perseel op te knap. Konstruksie het in Junie 2018 begin en dit is binne 18 maande voltooi. Die koste van die projek het R2,2 miljoen beloop.

Die toekenning van stalletjies in die markruimte is gedoen volgens die munisipaliteit se informelehandelaarsbeleid. Die ruimtes is geadverteer en ’n keuringsproses is gevolg vir alle aansoekers wat die plek wil gebruik om seker te maak die munisipaliteit skep ’n volhoubare sakeomgewing wat in ooreenstemming is met die ekonomiese ontwikkelings­beleid.

“Die beleid vereis dat al die handelaars onderworpe is aan die reëls sodat almal ’n gelyke en regverdige geleentheid kry om sake by die mark te doen. Voorkeur word gegee aan inwoners van Franschhoek, handelaars wat net in Fransch­hoek sake doen en die volhou­baarheid van die produk­te en ware word ook in ag geneem,” het adv. Gesie van Deventer, burgemeester van Stellenbosch-munisipaliteit, gesê.

“Die nuwe markruimte skep ’n veiliger en aangename omgewing vir handelaars en besoekers. Ons onderneem ook om op die lang termyn hierdie handelaars by te staan met sakeopleiding en so volhoubare sakepraktyke en kennis aan die gemeenskap oor te dra.

“Verskeie ruimtes is reeds aan plaaslike handelaars op ’n kontrakbasis toegeken en die verskeidenheid van pragtige handelsware is besonders. Gaan besoek gerus die mark en doen sommer jou Kersinkopies daar,” het Van Deventer gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.