Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe verordening om goeie luggehalte te behou

Stellenbossers sal in die toekoms makliker kan asemhaal danksy Stellenbosch-munisipaliteit se nuwe verordening oor lugbesoedeling.

“Die nasionale omgewingsbestuur se wet op lugkwaliteit plaas ’n verantwoordelikheid op munisipa­liteite om bestuursplanne rakende lugkwaliteit saam te stel en uit te voer,” verduidelik Stuart Grobbelaar, kommunikasiebestuurder by Stellen­bosch-munisipaliteit.

“Ons bestuursplan het die gebrek aan ’n regulerende raamwerk vir die uitvoering van die bestuursfunksie van lugkwaliteit in die munisipaliteit as ’n tekortkoming geïdentifiseer. Die huidige verordening is opgestel om hierdie gebrek aan te pak,” sê hy.

“Die doel van die verordening sal ook effek gee aan die omgewingsreg soos vervat in gedeelte 24 van die Grondwet van Suid-Afrika deur lugbesoedeling in Stellenbosch-munisipaliteit te beheer.”

Grobbelaar sê lugbesoedeling is nie ’n probleem in Stellenbosch nie en lugkwaliteit is goed wanneer dit gemeet word aan die toepaslike nasionale standaarde.

Die luggehalte van die munisipale gebied word deurlopend gemonitor deur die moniteringstasie by die Kaapse Wynland-distriksmunisi­paliteit se kantoor in Stellenbosch.

Volgens hom werk die beheerbeampte van Stellenbosch-munisipaliteit se lugkwaliteit, wat verantwoordelik is vir die toepassing van die goedgekeurde verordening, saam met munisipale wetstoepassing om lugbesoedeling te reguleer, te verminder en so ver as moontlik te vermy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.