Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Om (nie) in vrees te lewe

Die vrees vir ’n mens se veiligheid is seker iets wat maar elke dag saam met jou is.

Dit is tog die rede waarom huiseienaars hul huise met hoë mure, elektriese veiligheidsheinings, honde met kort humeure – veral as dit by vreemdelinge kom – alarms en die dienste van veiligheidsmaatskappye met parate veiligheidswagte 24 uur van die dag beveilig.

Dan is daar nog die nasionale polisiediens en ander munisipale veiligheidstrukture wat help om die dorp veilig te hou. Boonop word buurtwagte geskep om op voetsoolvlak buurte verder te probeer beveilig.

Dit is goed om te sien dat die gemeenskap saamstaan om die dorp te beveilig, soos die afgelope naweek toe omvattende gesamentlike veiligheidsoptrede van stapel gestuur is om misdaad vas te vat.

In sekere dele van die dorp is dit eenvoudig net nie meer veilig om saans buite te wees nie – en dikwels bedags ook nie – wanneer bendelede sonder aansien des persoons op mekaar skiet. Saamstaanoptredes soos dié het tog ’n uitwerking op die gemeenskap en die booswigte sien dit ook raak.

Maar ander, meer subtiele misdadige optrede wat die veiligheid en gemoedstoestand van inwoners beïnvloed en waaraan skynbaar min gedoen kan word, kom ook voor. Die situasie in die Jonkershoekvallei is stadig maar seker besig om ’n baie nadelige beeld van dié eens rustige en vreedsame vallei te skep.

Inwoners hier word deur ’n klein groepie mense op gewelddadige wyse geïntimideer – tot só ’n mate dat talle gesinne reeds die gebied verlaat en elders ’n heenkome gaan soek het.

Wat gaan van hierdie nasionale bate word as die owerhede nie daadwerklik optree, hul verskille oor verantwoordelikhede opsy skuif en die probleem takel nie?

,
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.