Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ondernemings en voedingsaksie reik uit na gemeenskap

Eikestad Mall en Stellenbosch-voedingsaksie het Woensdag 9 Junie na die gemeenskap van Khayamandi uitgereik.

Dit was nat en koud, maar dit het nie die gemeenskap weerhou om tot by die kerksaal te kom vir ’n lekker bord warm kos en ’n wegneempakkie nie.

Attacq Foundation het al sowat R160 000 se donasies ten bate van voedselverspreiding in die Stellenbosch- gemeenskap wat negatief geraak is deur die Covid-19-pandemie geskenk.

Attacq Foundation is ’n korporatiewe maatskaplike beleggingsinisiatief wat deur Attacq LTD, een van die mede-eienaars van Eikestad Mall, gedryf word.

Tydens vlak vyf en vier van die nasionale inperking het Eikestad Mall in samewerking met Attacq Foundation en Stellenbosch-voedingsaksie bestanddele vir kospakkies gekoop, verpak en versprei. Omtrent 1 300 individue en families het elke week, oor ’n tydperk van vier weke, ’n kospakkie ontvang.

Van Junie is hulle weer betrokke by die aankoop van bestanddele om gekookte etes en wegneempakkies te voorsien. Sowat 400 inwoners van Khayamandi is verlede week bedien. Dit was die eerste van drie sulke beplande geleenthede per week.

Spesiale dank aan Gabriel de Andrade, die eienaar van Food Lover’s Market, Eikestad Mall. Hulle het 400 kolwyntjies voorsien wat deel van die wegneempakkie is.

Indien lede van die publiek betrokke wil raak, skakel gerus vir Liesel by Stellenbosch-voedingsaksie, of maak ’n skenking aan Attacq Foundation om die nood in die Stellenbosch-gemeenskap te verlig.

Attacq Foundation is ’n geregistreerde Seksie 18A-fonds. NPO verwysingsnommer: NPO 166 882. PBO verwysingsnommer: 930052184, wecare@attacq.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.