Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ons kan weer opstaan uit die as en uitreik na mekaar’

e’Bosch het Saterdag 29 Augustus na ’n lang afwesigheid weens die gren­del­tyd opnuut besef hoe belangrik sosiale verkeer vir die mensdom is.

Daar is net eenvoudig ’n groter waardering en impak as ons mekaar in die oë kan kyk en groet, al is dit nou met ’n elmboog-drukkie.

e’Bosch se visie vir ’n sosiale inklusiewe gemeenskap, waar elkeen hom- of haarself kan realiseer, het ’n verdere hupstoot gekry toe die dorpie-verteenwoordigers van oraloor – Jamestown, Raithby, Klapmuts, Khayamandi, Cloetesville en Idasvallei in die aantreklike ou landbousaal byeengekom het.

Die tema van die dag het onder meer die impak van Covid-19 op die onderskeie gemeenskappe betrek.

Almal was dit eens: Covid-19 was ’n “wake-up call” – dit het vir ons almal ’n tweede kans gegee: Om te wys dat ons vir mekaar omgee; om innoverend te dink en om dinge nie as vanselfsprekend te aanvaar nie.

Langs die pandemie-pad het ons ontdek dat praat minder doeltreffend is as doen, dat doen meer waardevol is as jou hart daarin is, en dat waar daar harte betrokke is, heling oor grense in die gemeenskap plaasvind.

Verstommend, veral wat mededeelsaamheid en medelye betref: Diegene wat uit hul eie niks steeds iets vind om met ander te deel.

Laat my wonder oor die kastele van ouds: Wanneer laat jy die brug sak, wanneer is geborgenheid agter jou eie hoë mure die waarborg vir ’n gelukkiger bestaan?

Meteens sien ek Stellenbosch se leë strate, stygende kospryse, te koop-bordjies in ’n nuwe lig. Ons kan weer opstaan uit die as, as ons uitreik na mekaar. Gewone mense, met buitengewone passie.

Ann Heyns,
Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.