Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontdek jou ware selfbeeld

Selfbeeld is jou eie idee van wie jy is. Jy vorm jou selfbeeld deur alles wat jy oor jouself weet, dink of glo – of dit nou positief of negatief is. Jy bou jou selfbeeld op grond van jou gedagtes, verhoudings en ervarings. Dit gaan oor hoe waardevol jy jouself as ’n mens beskou en hoe goed jy as vrou oor jouself voel. As jou selfbeeld positief of negatief is, is dit hoe jy jouself gaan sien en verstaan.

’n Positiewe selfbeeld as vrou sal jou die vertroue gee om nuwe dinge te probeer soos om jou passie in gemeen­skappe uit te leef en om jou omstandig­hede met ’n positiewe siening te hanteer. Jy sal enige mislukkings as ’n geleentheid sien om te leer en as ’n mens te groei. Met ’n positiewe selfbeeld sal jy stap vir stap leer om jouself lief te hê. Dit sal jou ook help om die lewe met nuwe oë in die gesig te staar en om jou waardes te ontdek. Dit bou ook jou selfvertroue en sal jou leer om net jouself te wees. ’n Gesonde selfbeeld laat jou die seer van die verlede hanteer omdat dit jou laat besef watter soort vrou jy wil wees.

God se woord sê ’n vrou se skoonheid moet nie bestaan uit hoe sy uiterlik lyk nie, maar eerder watter soort mens sy innerlik is. ’n Positiewe selfbeeld sal jou altyd goed laat voel ten spyte van enige omstandighede waardeur jy gaan. Dit bou ’n gesonde basis vir sukses in jou lewe.

Alle vroue is uniek en spesiaal. Ons moet dit net raaksien en dit besef. Dit is ’n besluit wat ons moet neem. Daar is baie vroue wat óf in die verlede óf vandag deur moeilike omstandighede gaan wat nie weet wie hulle werklik is nie.

Die daaglikse seer waardeur ons gaan, skep ’n valse selfbeeld wat nie weerspieël wie ons regtig is nie. Dit maak dat ons nie die mooi beeld raaksien nie. Ek wil vir elke vrou sê: Jy is uniek en daar is niemand soos jy nie. Kom ons besluit wie ons vandag in die lewe wil wees. Dit is baie belangrik om die daaglikse omstandighede te hanteer dat ’n mens ’n goeie selfbeeld moet hê. Ek hoop elke vrou het Vrouemaand geniet, maar onthou om elke dag ’n Vrouedag te maak. Weet dat wie jy ook al is, jy is elke dag spesiaal, nie net gedurende Vrouemaand nie. Weet dit en neem ’n besluit om jou ware selfbeeld te ontdek. VNicolette Smith is ’n gemeenskaps-werker met ’n passie vir haar medemens. Sy is ook ’n motiveringspreker wat vroue wat mishandel, verwerp is of ’n lae selfbeeld het, help. Vir nog inligting, besoek die Facebook-blad Project Identity Youth Development. Sy kan ook geskakel word by 062 907 1462.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.