Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Openbaredeelnameproses nodig vir J’hoek-sluiting’

Vervolg van bladsy 1

“En wat van fotograwe wat op die sirkelroete wil ry? En ander toeriste wat nie wil stap of fietsry nie, maar net langs die sirkelroete wil ry, word ook nou uitgesluit. Baie oorsese besoekers ry juis net die sirkelroete. Dis vir my nog onduidelik wie dit is wat hierdie belaglike besluit geneem het,” het die inwoner gesê.

Daar word ook vrae gevra oor ’n openbaredeelnameproses wat glad nie die sluiting voorafgegaan het nie.

“Misdadigers het ons arme vallei nou vir ’n lang tyd geteister en nou doen amptenare dit sommer. Ek dink hierdie saak is van uiterste belang en daar behoort deeglike ondersoeke hierna gedoen te word. Die skade wat dit aan toerisme gaan doen, is baie groot.”

Teen Dinsdagmiddag het meer as 2 300 mense reeds ’n petisie teen hierdie besluit geteken.

Amptelik het CapeNature se bestuur­der van die reservaat aangekondig dat die redes vir die reservaat se sluiting die veiligheids­risiko is wat voertuie vir bergfietsryers en stappers inhou. Verder val die voertuie ook gereeld vas, is in ongelukke betrokke en oor­nag hulle in die plantasie wat weer ’n gevaar skep vir brandbestry­dings­voertuie, sou daar ’n brand uitbreek.

Teuns Kok het gesê dat as die paaie in die reservaat sleg is en ’n gevaar inhou, is dit ’n eenvoudige bestuurs-proses om dit reg te maak. Geld wat verkry word deur toegang kan onder meer hiervoor aangewend word.

Leon Visser het hierdie standpunt ondersteun. “Swak bestuur kan nie nou tog gevolg hê dat iets wat al vir etlike dekades goed gewerk het nou sommer tot nadeel van talle verander moet word nie,” het hy gesê.

Teen druktyd het nóg CapeNature of MTO (Mountain to Ocean) op enige navrae oor die redes vir die sluiting én die gebrek aan ’n openbare­deelname­proses gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.