Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Opposisie hét ’n rol

Onderlinge struwelinge in die munisipale raad is iets wat deel is van die alledaagse bedrywighede van die raad.

’n Mens kan veral in hierdie besige “voorvierkiesingstyd” verwag dat verteenwoordigers van politieke partye hul stemme dik sal maak om in die guns van hul ondersteuners en die kiesers te kom.

Die beste manier vir opposisiepartye om te wys dat hulle waardige plaasvervangers vir die heersende party is, is om deeglik kennis te dra van munisipale regulasies, prosesse en verordeninge wat die werking van ’n plaaslike owerheid reguleer.

Aan die hand van hierdie reëls kan die opposisiepartye dan die dienende raad en sy lede – en uiteindelik ook amptenare – tot verantwoording roep en hulle verantwoordbaar hou vir besluite wat hulle ondersteun en deurvoer.

Daardeur word die wil van kiesers natuurlik gehoor, omdat hulle die raad namens die mense probeer beïnvloed.

Opposisie partye het ook die verantwoordelikheid om hierdie moeilike rol van teenstanders op menswaardige wyse te vertolk. Dit gaan soms maar druk in debatte wanneer die opposisie sterk standpunte wil stel maar die feit dat hulle in die minderheid is, dra waarskynlik daartoe by dat frustrasie opbou, veral omdat hulle waarskynlik besef hulle kan nie veel doen om besluite te beïnvloed of te verander nie.

Binne hierdie probleemsituasie waarin opposisiepartye hulself bevind, is dit belangrik om deurgaans op die behoeftes van hul ondersteuners te fokus, eiebelang opsy te skuif en hul rol in die belang van demokratiese bestuur te vervul.

Die rol van plaaslike owerhede word duidelik in die Grondwet omskryf met die klem op openbare deelname, volhoubare dienste en demokratiese verantwoordbaarheid.

Hierin kan die opposisiepartye ’n groot rol speel, mits dit met die nodige professionaliteit en menswaardigheid geskied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.