Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Optog oor grense heen

Daar is geen woorde om te beskryf hoe wonderlik dit was om verlede Vrydag te sien hoe Stellenbosch se inwoners oor alle grense hande neem om saam te staan vir ’n gemeenskaplike doel nie.

Die laaste keer dat ek so iets beleef het, was toe studente die Maties-kampus warm gehou het met hul #FeesMustFall-optogte. By verlede week se vreedsame protes het daar egter ’n heel ander soort atmosfeer geheers.

Hoewel die #ZumaMustFall-optogte ook plaasgevind het omdat mense keelvol is vir die politieke klimaat in ons land, was daar groot glimlagte op elkeen se gesig wat met ’n plakkaat opgedaag het om hul teen korrupsie en die misbruik van mag uit te spreek.

Stellenbossers verdien ook ’n pluimpie vir hul kreatiewe slagspreuke!

Dit is belangrik om te onthou dat om ’n optog te hou heel moontlik niks gaan verander nie.

In ’n demokrasie lê kiesers se ware mag by die stembus. Hou dus 7 April 2017 in gedagte wanneer jy in 2019 jou kruisie trek.

- Michelle van der Spuy

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.