Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Organisasie kyk na mense se regte

Op Donderdag 10 Desember, wat ook Internasionale Menseregtedag is, loop die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders ten einde.

“Die veldtog is bloot ’n beginpunt vir bewusmaking en aansporing tot aksie en aktivisme teenoor geweld teen vroue en kinders. Die harde werk begin daarna,” het Michelle Davin, mediabeampte van Cause for Justice (CFJ) gesê.

CFJ is ’n nieregeringsorganisasie wat fokus op menseregtekwessies en sake van openbare belang. “Die verantwoordelikheid om vroue en kinders te beskerm teen geweld lê voor ons elkeen se deur en vereis dat die algemene publiek, niewinsgewende organisasies en die regering hande vat om in die bresse te tree vir diegene wat nie in staat is om vir hulself op te staan nie. Geweld teen vroue en kinders is nie net die polisie of die howe se probleem nie en dit is nie slegs hierdie instansies se plig om situasies te verander en bevryding te bring aan slagoffers nie. Dus is ’n 16-dag-veldtog nie genoeg nie.”

Davin het gesê gemeenskappe sal moet begin praat oor probleme en platforms asook veilige hawes skep vir slagoffers om hul seer te deel, waar hulle vrymoedigheid kan hê om vir hulp te vra en hulp te ontvang.

“Mans moet opgevoed word om goeie mans vir hul vroue en vaders vir hul kinders te wees. Ons moet gemeenskappe van omgee kweek, sodat ons vroue en kinders beskerm word en hul rol en bydrae tot ons samelewing erken en verwelkom kan word.”

Davin het gesê hul organisasie se missie is om grondwetlike reg in Suid-Afrika deur litigasie, openbare bewustheid en deelname in die politieke prosesse te bevorder.

“Tans ondersteun ons die wêreldwye 16 dae-veldtog en neem deel deur middel van ons eie veldtog, ‘Say no to violence against women and children’. Deur middel van hierdie veldtog is ons die besig om bewustheid te kweek en ons samelewing op te voed – deur sosiale media – oor wat gedoen kan word om te help,” het Davin gesê

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.