Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ou vriende ontmoet mekaar weer

Dis byna weer tyd vir die US Woordfees en met die tema “Jonk” is nuwe en vars produksies eie aan vanjaar se 20ste fees.

Een van die produksies wat vanjaar ’n nuwe baadjie by die fees kry, is Sky en Czech.

Die twee hoofkarkaters word vertolk deur Gérard Rudolf en André Roothman, wat 28 jaar gelede dieselfde produksie vir die eerste keer gedoen het. Nuut by die produksie vanjaar is Marí Borstlap, wat die regie en ontwerp hanteer.

Na `n reis van 6 000km dwarsdeur die land spoor Czech uiteindelik sy beste vriend, Skyler, op in `n vuil sinkgehuggie in die middel van nêrens. Die Sky wat Czech daar aantref, is nie die Sky wat hy onthou nie. Sy vriend het afstand gedoen van die wêreld. Hy leef reeds in sy eie werklikheid. Czech wil Sky terugsleep na só ’n rigiede wêreld toe - `n wêreld van reëls, roetine, vierkantige boksies en reguit lyne, maar Sky gaan nêrens heen sonder om te skop en te skree nie.

Sky en Czech wys by Höerskool Cloetesville en kaartjies is beskikbaar by Computicket. Vertonings op 2 Maart (20h30), 3 Maart (15h00), 4 Maart (20h30) en 6 Maart (18h00).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.