Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pakkies praat oor mishandeling
Ellen Pakkies
Ellen Pakkies

Sy het nie geweet wat die woorde “mishandel” en “verkrag” beteken nie, al was hierdie dinge besig om met haar te gebeur.

Baie mense ken Ellen Pakkies as die vrou wat haar tikverslaafde seun doodgemaak het, maar Pakkies is ook vir die grootste deel van haar lewe mishandel.

Pakkies was Maandag (26 November) een van die sprekers by die bekendstelling van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit se 16 Dae van aktivisme-veldtog in die Franschhoek-stadsaal. Die geleentheid is deur verskeie belanghebbendes in die stryd teen mishandeling bygewoon, onder wie verteenwoordigers van die regering, die SAPD sowel as gemeenskaps- en nieregeringsorganisasies.

“Ek is van die ouderdom van 4 tot 29 verkrag. Ek is om die beurt verkrag, ontvoer en gesodomiseer.

“Dis nie lekker vir ’n jong meisie om haar bed met ’n verkragter te deel nie,” het Pakkies gesê oor die naweke wat sy by haar pa se huis gaan kuier en deur familielede verkrag is.

Pakkies moedig mense aan om ander te vergewe.

“Die Here het my die wil en genade gegee om te vergewe.”

Pakkies het selfs vir een van die mans wat haar as kind verkrag het, gehelp om ’n blyplek te kry en eendag vir nóg een kos gekoop. “Ek het my verkragters al lank gelede vergewe. Ons móét mekaar vergewe,” het Pakkies gesê.

Ek is van die ouderdom van 4 tot 29 verkrag. Ek is om die beurt verkrag, ontvoer en gesodomiseer

Oor haar seun, Abie, het sy gesê sy het nooit gedink sy sal ’n lewe neem nie. “Om deur ons kinders mishandel te word is nie ’n lekker gevoel nie. Ek verlang elke dag na my seun. Ek sien elke kind daar buite in hom. Dis nie lekker nie. Mammies, julle hoef nie julle kinders te verloor nie.”

Pakkies het gemeenskapslede aangemoedig om mekaar by te staan in plaas daarvan om mekaar af te breek. “Ons moet hande neem, saamstaan en mekaar ondersteun.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.