Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pandemie knou nie e’Bosh-vierings nie

September is Erfenismaand. Teen hierdie tyd het Stellenbosch en die omliggende dorpe al vere reggeskud vir ’n vol program deur die e’Bosch-erfeniskomitee ter viering van die ryk kultuur en erfenis.

“Die Covid-19-pandemie het byna ’n demper op vanjaar se verrigtinge geplaas, maar ons getroue ondersteuners het ons verras met die blink idee om ’n virtuele erfenisviering te hou,” vertel Carol Lakay, e’Bosch se kommunikasiehoof.

Getrou aan die dorpsbe­woners se pioniersdrif en skeppingsvermoëns word Erfenismaand dus op ’n besonderse wyse gedenk en kan drie gelukkige pryswenners elkeen met ’n R500-geskenkbewys, geborg deur Eikeboom Slagtery, wegloop.

Die peiling se doel is:

* Om kulturele bates in die onderskeie dorpe vas te lê en om kulturele sterkpunte te karteer.

* Om unieke verkoopspunte in elk van die dorpe te identifiseer (byvoorbeeld: die Aarbeifees in Jamestown bou voort op sy landbou-erfenis).

* Om gemeenskaplike belangstellings, talent en vaardighede te groepeer in belangegroepe (onder meer uitvoerende kunste, kookkuns, storievertelling, kuns en kunsvlyt).         

* Om belangrike rolspelers en invloedryke mense te identifiseer om e’Bosch in elk van die gemeenskappe en dorpe te verteenwoordig.

Kompetisiereëls:

Inwoners 18 jaar en ouer kan deelneem.

* Elke deelnemer mag slegs een inskrywing instuur.

* Stuur jou naam en die naam van jou gemeenskap via WhatsApp na Carol Lakay voor of op 15 September na 061 595 4085.

Ontvang en voltooi die maklike WhatsApp- meningspeiling voor 20 September.

* Wenners word op 23 September aangekondig – betyds om ’n vleispakkie by Eikeboom Slagtery af te haal vir braai op Erfenisdag.

* Vir navrae bel Ann by 081 017 0077 of WhatsApp vir Carol by 061 595 4085, of stuur ’n e-posboodskap na carol@ebosch.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.