Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Parkeer-verneukspul spoedig stopgesit

’n Man wat homself as ’n parkeerbeampte voorgehou en bestuurders probeer verneuk het, is die afgelope week vasgetrek.

Die Stellenbosch-munisipaliteit het bekend gemaak dat die verneuker toerusting gebruik het om inwoners se bankkaarte te kloon.

“Ons is in kennis gestel en ons diensverskaffer, Street Parking Solutions, het dadelik ’n saak teen die verdagte aangemeld,” het Stuart Grobbelaar, die woordvoerder van die munisipaliteit, gesê.

Die parkeerstelsel is ingestel om te verhoed dat mense parkerings naby sakeondernemings en restaurante vir lang tydperke beset.

“Die parkeerstelsel lok meer inwoners en besoekers waar mense sonder die stelsel daagliks vir ’n dag lank ’n parkeerruimte opgeneem het.”

Parkeerbeamptes kan maklik uitgeken word aan hul oranje glimbaadjies en elektroniese toerusting. Hulle sal ook ’n amptelike kwitansie verskaf.

Die Stellenbosch-polisie kon nie die klag wat die diensverskaffer sê aangemeld is, bevestig nie.. Inwoners kan klagtes van dié aard aanmeld deur die 24-uur-lyn 021 808 8890 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.