Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Parkering in middedorp bly ’n probleem

Hierdie mening is geskryf toe die dorp nog in sy eie lockdown was met sy parkering en korona êrens op ’n vliegtuig op pad na Suid-Afrika was en by implikasie dus, Stellenbosch.

Dis nog relevant, as die munisipaliteit die stelsel nou met valkoë dophou om ons sakke nog verder te wil laat krimp. Ek skryf hierdie om u, me. burgemeester, se toekomsbesluite te beïnvloed!

As sy ’n masjiengeweer in 2019 voor die Covid gehad het, sou sy my kar tot smithereens skiet. Met ’n dreigende houding het sy op my motor afgestorm, ten spyte van die feit dat sy gestremd is.

Die dame was oorgehaal om my agter die stuurwiel uit te ruk, maar helaas wou die beperkte gebruik van haar liggaam dit nie toelaat nie. Haar spraakgebrek het my in die duister gelaat omdat ek vir eers nie kon verstaan wat sy sê nie, totdat ek, domgekom, kon agterkom dat ek op verbode terrein staan.

Eintlik het sy my kom uitwys waaraan baie Stellenbossers skuldig is. Ja, die simbool wat gestremdheid aandui word veral verontagsaam deur die rykes met hul petrol-guzzlers. Almal is egter darem nie heeltemal so nie, maar ook diegene met tjorries wat met luide kakofoniese klanke van hul djoef-djoef-musiek op die geel lyne met die verboten simbool vir gestremdes staan en dink dat hulle die uitverkore volk is wat net ’n snapsie by die drankwinkel wil gaan koop. (Dis ook nou verboten).

Dis baie maklik, veral as jy respek verloor het vir ander se regte en dit sluit ook die munisipaliteit in wat toelaat dat hul parkeerjoggies wat presies weet hoe om hul banktoestelle te gebruik, maar nie die kennis het oor hoe om met die publiek, veral as hulle gestremd is, om te gaan nie.

Dit was baie duidelik die dag toe die getoeter, deur ’n gestremde, met ligte wat flikker by die ingang van ’n bekende parkeerkompleks aandag wou trek vir hulp waar die ingangsknoppie eenvoudig net nie bereik kon word nie. Die versperring van die boom het daarvoor gesorg en my sterk herinner aan die song “Boomtown Rats” en ook aan Hitler gedurende die oorlogstyd met booms reg oor Europa met die simbool van die kopbeen wat eksklusiwiteit wil aandui. Ja, dis so erg, veral as jy boonop net 30 minute gratis kry asof jy met jou gestremdheid jou inkopies in ’n rekordtyd kan doen.

Mister Paliteit, jy diskrimineer, want met die stadige bewegingsfunksie van ’n gestremde liggaam neem dit drie keer so lank om inkopies te doen, dus is die parkeergeld meer. Dis nie meer gratis nie en iewers is daar seker sakke vol goud om nog booms te koop vir hierdie stad van innovasie!

Die plakker in die motor sê duidelik: “Vrystellingsbewys van parkeerver­eistes.” Natuurlik is daar ook die “ongestremdes” wat langs die kantlyn staan wat duidelik gestremd gaan voel om daai ekstra pennie uit hul sakke te krap.

Ek hoop dat u nou, tydens hierdie koronakrisis, die regte besluit gaan neem om verligting aan alle Stellenbossers te gee. Somerset-Wes en die Strand het dit alreeds gedoen!

Wat van u? Ek wag op ’n antwoord as u binnekort die besluit moet neem oor parkering in die middedorp!

Hilton Biscombe,
Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.