Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Piet Steyn ontvang medalje

Prof. Piet Steyn, emeritus-professor in organiese chemie en voormalige senior direkteur van navorsing by die Universiteit Stellenbosch (US), is die ontvanger van die Royal Society of South Africa’s (RSSAf) se Marloth-medalje vir 2020, ter erkenning van “ ’n hoogs uitsonderlike loopbaan in die bevordering van sy vakgebied, organiese chemie, in diens van die wetenskap en die mensdom”.

Volgens ’n mediavrystelling van die RSSAf is prof. Steyn se bydrae tot die veld van biologies aktiewe natuurlike produkte, hoofsaaklik mikotoksiene en sekere toksiene afkomstig van plante, legendaries.

Hy het in sy navorsingsloopbaan by die WNNR, die Noordwes-Universiteit en die US, ’n betekenisvolle bydrae tot die isolering, karakterisering, biosintese, afbreking en analise van verskeie van hierdie toksiene wat natuurlik in die omgewing voorkom, gelewer.

Mikotoksiene hou ’n enorme groot bedreiging vir internasio-nale handel in, met ’n geskatte 60% van Afrika se graanvoor-raad wat potensieel die gevaar loop van fungibesmetting en die vorming van mikotoksiene.

Die geraamde verlies in die VSA se graanbedryf wat jaarliks aan mikotoksienbesmetting toegeskryf kan word, beloop ongeveer $2 miljard.

Steyn se navorsing het hom as internasionale leier op hier-die vakgebied onderskei, en in 2004 is hy deur die Centraal-bureau voor Schimmelcultures in Nederland vereer vir sy navorsing oor okratoksien A, deurdat ’n hoogs toksiese stam na hom genoem is, naamlik Aspergillus steynii.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.