Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaswerkers nie te vinde vir ‘R2-verhoging’ nie

Plaaswerkers het Woensdagoggend die strate ingevaar vir beter lone.

“Ons soek nie ’n R2-verhoging nie,” het ’n werker van Timberlea-plaas uit die skare geskree.

’n Groep plaaswerkers het Woensdag 1 Augustus hul ontevredenheid oor die minimumloonverhoging uitgespreek toe hulle met plakkate voor die plaas gestaak het.

Volgens Kennedy Arends, lid van die vakbond Society Development Trade Union, word werkers onregverdig behandel.

“Timberlea is een van die grootste vrugteplase in die bedryf en hoewel hy jaarliks groot winste behaal, sien werkers niks hiervan nie.”

Arends sê buiten die min lone, kry nie al die werkers bonusse nie.

“Hoekom word net sommiges bevoordeel? Dit is net meer as reg dat almal dieselfde behandel word – veral die werkers wat die harde werk doen, moet beslis na omgesien word.”

Nog ’n werker sê hulle lewe “onder die broodlyn”.

“Die eienaars raak al ryker terwyl ons al armer word. Dit is nie reg nie.”

Sandra Jeffrey, die bestuurder by Timberlea-plaas, sê werkers verdien reeds veel meer as die nasionale minimumloon.

“Die afgelope drie jaar het werkers ’n verhoging van 20%, toe 15% en nou 10% gekry.

“Sowat ’n kwart van ons werkers wat deel is van die staking, eis selfs om vir ’n volle dag betaal te word al is hulle net vir ’n uur hier.

“Ons glo ’n 10%-verhoging is ’n billike aanbod.”

Arends sê hulle gaan voort met die staking totdat hul griewe opgelos word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.