Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plakkers bedreig die reservaat

Inwoners van Onder-Papegaaiberg kla nou reeds geruime tyd oor die onwettige besetting van ’n deel van die reservaat sonder enige resultate.

“Ons kan sien hoe meer en meer plakkershutte hier opskiet. Die plakkers is tans besig om snags huise aan die reservaat se kant te bou – in só ’n mate dat hulle nou al die reservaat binnege­dring het. Dit wil voorkom asof geen een van die owerhede hieraan aandag gee nie. Een van die dae sit ons met nog ’n Watergang-krisis op hande,” het die inwoner wat om veiligheidsredes anoniem wil bly, gesê.

“In hierdie stadium is dit nog maar enkele hutte wat hier opgerig is, maar dit word feitlik daagliks meer. Ons is bevrees dat as daar nie nou daadwerklik opgetree gaan word nie, sal die situasie handuit ruk en dan gaan die hele reservaat beset word. Die munisipaliteit het tot dusver nog geensins op ons versoeke gereageer nie. Ons wil nie dieselfde pad stap as wat met Watergang gebeur het en die soort druk waaronder die eienaars van die plaas Avondrust tans is nie,” het die inwoner gesê.

Volgens Mart-Mari Haasbroek, munisipale woordvoerder, behoort die Papegaaiberg-natuurreservaat aan die munisipaliteit. “Ons het bewus geword van drie strukture in die Papegaaiberg-natuurreservaat ná die gereelde monitering wat ons doen deur middel van ’n hommeltuig. Ons het ’n span van die munisipaliteit Dinsdag 3 September ingestuur om die situasie te monitor.

“Die reservaat en ander munisipale gebiede word gereeld gemonitor deur sigbare polisiëring en deur die gebruik van hommeltuie. Daar sal dadelik opgetree word indien ons onwettige strukture vind,” het sy die versekering gegee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.