Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Planne vir laaste rusplek
06 September 2018

Of daar ’n plekkie in Stellenbosch sal wees waar afgestorwenes begrawe kan word, is iets wat inwoners al jare pla.

Soos die geval met die meeste muni­sipa­liteite is begraafplase in die dorp aan die vol raak en is daar beperkte ruimte om nuwe begraafplase te skep.

Volgens Stuart Grobbelaar, kommunikasiebestuurder by Stellenbosch-munisipaliteit, het die stadsraad reeds stappe geneem om te begin met die ontwikkeling van geskikte eiendomme om die behoefte aan begraafplase aan te pak.

“Twee stukke grond is reeds geïdentifiseer wat aan omgewings­impak­studies onderwerp gaan word, om te bepaal of dit geskik sal wees vir ’n begraafplaas.

“ ’n Tweede studie word ook beplan om verdere grond te identifiseer,” sê hy.

Die ontwikkeling van begraafplase is egter ’n lang proses wat onderwerp word aan verskeie stukke wetgewing en omgewingsimpakstudies.

“Om ’n geskikte gebied vir ’n begraafplaas te identifiseer, is ’n uitdaging omdat daar geen bewoonde gebiede binne 500 m van die gebied mag wees nie, wat meeste stukke grond binne die stedelike grens uitskakel,” verduidelik hy.

“Skaars plante, hoë watertafels, grondsoort en die beskikbaarheid van grond is alles faktore wat keer dat ’n stuk grond, wat oënskynlik geskik is, nie gebruik kan word nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.