Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pleitooreenkoms in Hannah-saak misluk

’n Moontlike pleitooreenkoms van een van die beskuldigdes in die Hannah Cornelius-saak het misluk. Die saak sal nou teen al vier die beskuldigdes verhoor word.

Adv. Lenro Badenhorst, staatsaan­klaer, het die hof Vrydag in ’n voorverhoor ingelig dat die pleitonder­han­delings met Vernon Witbooi nie suksesvol was nie.

Witbooi sal nou saam met sy medebeskuldigdes, Geraldo Parsons, Eben van Niekerk en Nashwill Julies, verhoor word.

Badenhorst het egter die hof ingelig dat Van Niekerk se regsverteenwoor­diger hom van die saak gaan onttrek en dat Regshulp SA nou ’n nuwe regsverteenwoordiger moet aanwys.

Regter Mushtak Parker het die saak tot 9 Mei verdaag sodat ’n nuwe regsverteenwoordiger aangestel kan word.

Die verhoor moet 4 Junie begin.
Netwerk24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.