Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pniël skud al vere reg vir Small-fees
ferrus
Die digter en skrywer Diana Ferrus is een van die bekendes wat by vanjaar se Adam Small-fees te sien sal wees. Foto: Elmarine Anthony

“Die mense van Pniël is reeds besig om gereed te maak vir die Adam Small-fees wat oor bietjie minder as ’n maand, van 21-23 Fe­bru­arie, hiér gaan plaas­vind.” 

Só sê Matty Cyster van die Pniël-erfenis-en-kultuurtrust wat die afgelope aantal jare betrokke is by die reël van die fees in die dorp. “Ons is regtig verheug en baie dank­baar dat verskeie van die land se belangrike mening­vormers soos Trevor Manuel, prof. John de Gruchy en prof. Jonathan Jansen en bekendes in die literêre wêreld weer hier sal optree.”

Diana Ferrus, Steward van Wyk, Etienne van Heerden, Dominique Botha, Merle Danhouse en Simone Jonker is maar enkele van die beken­des wat hy noem.

Bywoning is soos in die verlede gratis om dit vir al­mal moontlik te maak om by te woon hoewel enige sken­king aan die Pniël-museum hoog waardeer sal word.

“ ’n Wonderlike toevoeging tot die fees vanjaar is Saterdagaand 22 Februarie wanneer die Libertaskoor om 19:00 in die Pniël Congregational kerk gaan optree – die eerste Kô LAT ONS SING-aanbieding onder die vaandel van die Adam Small-fees.”

Die volledige program volg in volgende week se Eikestadnuus en mense kan die Pniël-museum in kantoorure skakel vir meer besonderhede by 021 885 2645 of Cyster by 083 324 7691.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.