Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Poging tot moord styg skerp

Stellenbosch-polisiekantoor is nom­mer 20 op die lys van die top-30- polisiekantore in die land waar die meeste aantal sake onder die 17 gemeenskapsverwante misdade aangemeld is.

Dit is volgens die mees onlangse misdaadstatistieke wat Vrydag 31 Julie uitgereik is.

Die boekjaar is van April 2019 tot Maart vanjaar.

Die soort kontakmisdaad (misdaad teen ’n persoon) wat die skerpste gestyg het, is poging tot moord waarvan die getal sake met 66,7% (35 sake teenoor 21 in die vorige boekjaar) gestyg het.

Moordsake het met 12,5% gestyg (36 sake in die 2019-’20-boekjaar teenoor 32 in die vorige boekjaar) terwyl die aantal sake van seksuele oortredings met 24,4% (112 teenoor die 90 in die 2018-’19-boekjaar) gestyg het.

Seksuele oor­tredings sluit in ’n skerp styging van 40,4% in die aantal sake van verkrag­ting wat aangemeld is (80 teenoor 57 in die vorige boekjaar).

In die 2019-’20-boekjaar is 191 sake van algemene roof geopen teenoor 211 in die vorige boekjaar – ’n daling van 9,5%.

Roofsake met verswarende omstandig­hede het met 1,9% gestyg (425 teenoor 417 in die vorige boekjaar).

Die aantal sake van kwaadwillige saakbeskadiging het skerp met 19,5% gedaal, met 472 sake in die vorige boekjaar teenoor 380 in die 2019-’20-boekjaar.

Met betrekking tot eiendomsverwante misdaad is Stellenbosch-polisiekantoor 12de op die lys van die top-30-polisie­kantore in die land waar die meeste van hierdie soort sake aangemeld is.

Oor die algemeen het die aantal eiendomsverwante misdade wat aangemeld is met 1,9% gedaal (2 326 teenoor 2 370 in die vorige boekjaar). Inbrake by nie-residensiële persele het met 21,3% gestyg (285 in die 2019-’20-boekjaar in vergelyking met 235 in die vorige boekjaar) terwyl een van die algemeenste misdade wat aangemeld is, diefstal uit ’n motorvoertuig, met 5,1% gedaal het (altesaam 1 267 sake teenoor 1335 in die vorige boekjaar).

By Cloetesville-polisiekantoor het die aantal moordsake met 57,1% toegeneem (11 sake teenoor sewe in die vorige boekjaar) sowel as sake van roof met verswarende omstandighede met 20,3% (95 sake in vergelyking met 79) en sake van aanranding met 14,8% (225 teenoor 196 in die vorige boekjaar).

Die totale aantal sake van seksuele oortredings, wat verkragting en sek­suele aanranding insluit, het met 10% gestyg (33 sake in vergelyking met 30 in die 2018-’19-boekjaar).

Oor die algemeen het sake van brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging met 8,4% gedaal met 208 sake wat in die 2019-’20-boekjaar aangemeld is, teenoor 227 in die vorige boekjaar.

Eiendomsverwante misdaad in Cloetesville het oor die algemeen met 1,4% gestyg, maar inbrake by nie-residensiële eiendomme het met 11,1% gedaal (56 sake teenoor 63 in die vorige boekjaar).

Klapmuts-polisiekantoor het ’n toename van 87,5% in moordsake wat aangemeld is. Altesaam 15 sake is in 2019-’20 geopen teenoor agt sake in die vorige boekjaar, terwyl sake van poging tot moord ook toegeneem het met 83,3% (22 in vergelyking met 12 sake in die 2018-’19-boekjaar).

Sake van aanranding het ook gestyg met 21,9%. Altesaam 89 sake van aanranding is in die 2019-’20-boekjaar aangemeld teenoor 73 sake in die vorige boekjaar.

Die enigste soort kontakmisdaad wat gedaal het, is sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer wat met 26,5% gedaal het (van 170 sake in 2018/’19 tot 125 sake).

Die totale sake van seksuele oortre­dings wat aangemeld is, het met 12% gestyg, altesaam 20 sake van verkragting en sewe sake van seksuele aanranding.

Inbrake by residensiële en nie-residensiële eiendomme het gestyg. Altesaam 144 sake van huisbrake tenoor 132 in die vorige boekjaar is aangemeld. Dit is ’n styging van 9,1% terwyl inbrake by nie-residensiële eiendomme met 27,3% gestyg het (van 44 sake tot 56 in die 2019-’20-boekjaar). Alle ander soorte eiendomsverwante misdaad het gedaal, soos sake van veediefstal met 72,7%.

By Franschhoek-polisiekantoor het die aantal sake van kontakmisdade wat moord, verkragting, poging tot moord, aanranding en rooftogte insluit met 2,8% gedaal. Altesaam 353 sake is aangemeld teenoor 363 in die 2018-’19-boekjaar. Die daling in kontakmisdade sluit in ’n daling van 18,2% in die aantal sake van aanranding (63 sake teenoor 77 in die vorige boekjaar).

Sake van poging tot moord het egter gestyg met 83,3% (11 sake teenoor ses in die vorige boekjaar).

Die aantal sake van seksuele oortredings wat aangemeld is, het met 5,4% gestyg (39 teenoor 37 in die vorige boekjaar). Sake van kwaadwillige saakbeskadiging het skerp gedaal met 25,7%. Altesaam 78 sake van kwaadwillige saakbeskadiging is in die 2019-’20-boekjaar aangemeld teenoor 105 sake in die vorige boekjaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.