Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pospakkies verdwyn steeds van hiér af

Ek kom nou die dag by die “nuwe” poskantoor in die onderdorp aan om pos te kom soek wat skynbaar dáár vir my afgelewer is.

Mense het al baie gepraat oor die sluiting van die ou poskantoor in Plein-straat wat Stellenbossers vir dekades bedien het, maar wat nou met twee alternatiewe vervang is – die een langs ’n eetplek in Birdstraat en die ander in die rumoerige Neelsie.

Ek moet bieg dat ek gedwing is om die een in Birdstraat te besoek omdat die strokie wat by my huis afgelewer is, so aanbeveel het. Dáár aangekom was ek geskok oor die chaos wat daar heers. Posstukke en pakkies lê die wêreld vol en dit het nie vir my gelyk asof enige ordelike stelsel van toepassing was nie – veral nie toe ek moes vasstel dat my posstuk “nie betyds afgehaal is” en na die versender teruggestuur is nie.

Dieselfde het met ’n kennis van my gebeur – haar pakkie swerf nou al vir twee jaar tussen SA en Israel. Wanneer gaan die poskantoor sy eendjies agter mekaar kry?

Soeker,
Dalsig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.