Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
R44-pad: Nagmerrie kan begin

Talle appèlaansoeke wat teen die opgradering van die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes aangeteken is, is deur die minister van plaaslike bestuur, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning Anton Bredell, gewysig of van die hand gewys.

Verskeie gemeenskapsorganisasies van Stellenbosch, insluitend die Stellenbosch-belastingbetalersvereniging (SBV), Stellenbosch-wynroetes (SWR) en die Cape Winelands Integrated Planning Coalition (CWIPC) bestaande uit ’n groep boere wat langs die R44 boer, die Stellenbosch Belangegroep (SBG) en die Stellenbosse Boerevereniging, het teen die opgradering van die pad beswaar gemaak.

Hul teenkanting was gemik teen omgewingsgoedkeuring hoofsaaklik weens verwagte omgewingskending deur die nuwe pad.

Die besluit van die minister om die oorspronklike omgewingsgoedkeuring te verander en sommige van die appèlle van die hand te wys, het daartoe gelei dat die oorspronklike omgewingsgoedkeuring en die voorwaardes wat daaraan verbind is, steeds geldig is.

Een van die vernaamste voorwaardes wat nou geskrap is, is dat geen konstruksie binne 20 dae na ontvangs van die appèl mag begin, nou van die baan is en konstruksie dus onmiddellik kan begin.

Ingevolge hierdie besluit mag ’n aantal veranderings aan die R44 nou aangebring word, insluitend ’n verhewe (graded) U-draai by die Steynrusbrug, linksdraai-toegang na Bredellpad, ’n verhewe draai by Winery Road en na Jamestown, ondanks talle besware teen die visuele impak wat hierdie verhewe konstruksie op die omgewing sal hê, asook die verbetering van verkeerstekens by aansluitings by Webersvalleipad, Tegnoparkweg, Blaauwklippenpad, Trumaliweg en die Van Rheedepad.

Buiten twee oorgange sal al die mediaan-openinge na die R44 tussen die Steynsrustpad en Webersvalleiweg gesluit word. Daar sal ook ’n ondergrondse draai by die Annandalepad gebou word.

’n Verteenwoordiger van een van die beswaarmakende partye het aan Eikestadnuus gesê hulle is veral ontevrede omdat in geen van die dokumente melding gemaak word van teenkanting teen die herontwikkeling van die R44 wat op ’n openbare vergadering in die stadsaal gemaak is nie.

Dit is ook aan die minister voorgelê. Daar is ook geen teken van ’n notule van die vergadering wat opgespoor kan word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.