Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
R45 miljoen vir grond

Die plaas Watergang, waar onwettige grondgrypers teen die einde van verlede jaar bykans 1 300 strukture opgerig het, kan teen ’n bedrag van R45 miljoen deur die Stellen­bosch-munisipaliteit gekoop word.

Eikestadnuus het ’n dokument onder oë gehad waarin daar by die munisipale bestuurder aanbeveel word om ’n aan­bod op die grond van 60,9449 ha te maak teen ’n bedrag van R45 miljoen. Koste wat reeds aangegaan is met die beset­ting van die grond, sowel as toekoms­tige kostes, moet egter van hierdie bedrag afgetrek word.

Die grond van die WS Smit Water­gang Trust (restant van die plaas 182, gedeelte 1 van plaas 182, gedeelte 1 van plaas 183 en gedeelte 5 van plaas 183) is sedert verlede jaar in die nuus nadat geweld uitgebreek het toe wetstoepas­sers die grondgrypers van die grond wou verdryf.

Asla Devco het daarna aangekondig dat hy die grond van die WS Smit Watergang Trust gekoop het, onder­he­wig aan sekere uitsluitings­voor­waardes. Dié transaksie het egter verloop.

Daarna het Smit klaarblyklik ’n mandaat aan Agri Housing Settlement vir ’n tydperk van 12 maande gegee om die grond te ontwikkel onderhewig daaraan dat grond wat tans deur Smit van die munisipaliteit gehuur word tesame met die Watergang-grond, en ander grond wat ontwikkelings­potensiaal het, in ruil vir die Watergang-grond aangebied moet word.

Die grondbesetters het intussen met ’n hofgeding begin en wag tans vir uitsluitsel van die appèlhof oor die uitsettingsbevel wat ook reeds verlede jaar bekragtig is, maar nooit uitgevoer is nie.V Vervolg op bl.2.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.