Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Redaksionele kommentaar: Stop, en dra jou masker!

As jy nie ’n masker in die openbaar dra en nie jou hande gereeld was nie, is jy net so roekeloos en nalatig soos die bestuurder wat Dinsdag ’n meisie in Langstraat raakgery het.

Om nie die regulasies van die Covid-19-pandemie te volg nie, is soos om nie by ’n stopstraat stil te hou en ’n voetganger die pad te laat oorsteek nie.

Jy dink omdat niemand jou sien nie, gaan jy daarmee wegkom. Jy voel dalk nou onaantasbaar, maar die wiel draai vinniger as wat jy dink.

Jy loop rond asof die virus jou nie kan raak nie; asof jy immuun is teen die siekte wat al die lewe van duisende geëis het. Moenie te selfverseker wees nie, ou vriend. Jy is dalk vandag verlig, maar op ’n ander dag gaan jy dalk nie so gelukkig wees nie.

My raad aan jou is: Kom die reëls na. Dra jou masker. Was jou hande gereeld. Hou jou afstand.

En om hemelsnaam, stop by die stopstraat. Dit kan dalk iemand anders se lewe kos as jy dit nie doen nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.