Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reservaat in gedrang

Is nóg ’n Azania Stellenbosch se voorland?

Dís die vraag op baie inwo­ners se lippe nadat onwettige plakkers stelselmatig die Papegaaiberg-natuurreser­vaat begin inneem het.

Dit is ook veral inwoners van Onder-Papegaaiberg wat erg bekommerd is oor hierdie gebeure en hulle vrees vir hul veiligheid en die toekoms van die natuurreservaat.

Die Papegaaiberg-natuur­reser­vaat word deur die Stellenbosch-munisipaliteit besit. Die reservaat is sowat 140 ha groot en is in 2016 as reservaat verklaar ingevolge die wet op nasionale omgewingsbestuur (Wet 57 van 2003).

Die munisipaliteit is verant­woordelik vir die bestuur van die reservaat en implemente­ring van die omgewingsbe­stuurs­plan wat as deel van die verklaring van die reservaat goedgekeur is.

Volgens ’n inwoner wat uit vrees vir intimidasie anoniem wil bly, brei die onwettige strukture weekliks uit.

“Ons het onlangs oor die gebied gevlieg en ’n mens kan duidelik sien hoe daar al hoe meer strukture in die reservaat opgerig word. Dit is opvallend dat geen agting geslaan word op die grense van die reservaat nie. Daar is meer as 120 onwettige strukture getel.

“Dit is ook veral kommer­wek­kend dat daar weer eens nie teen die oortreders opgetree word nie. Dit is waarskynlik ook reeds te laat om die strukture, wat nou daar staan, te verwyder sonder dat groot onkoste aangegaan moet word deur hofbevele te verkry.

“Argumente dat die grense van die reservaat en die woonbuurt (Kayamandi) oorvleuel, is ongegrond – dis óf die een óf die ander.

“Ons is bang dat dieselfde lot ons dorp se reservaat gaan tref as wat met die grond van wyle Stefan Smit gebeur het, ondanks die feit dat dit (Smit se grond) uiteindelik aan die munisipaliteit verkoop is. Dit is ons erfenisgebied en ons as inwoners, en veral die munisipaliteit, kan nie toelaat dat sulke dinge gebeur nie,” het die ontstelde inwoner gesê.

Stuart Grobbelaar, woord­voerder van die munisipaliteit, het bondig op navrae deur Eikestadnuus gereageer en net gesê dat patrollies deur munisipale wetstoepassers deurlopend en gereeld plaasvind.

“Klagtes oor onwettige strukture wat by ons aangemeld word, word onder-soek en strukture word onmid-dellik afgebreek. Enige bewoon-de struktuur mag nie sonder ’n hofbevel afgebreek word nie,” het hy gesê.

Die munisipaliteit wou nie antwoord op vrae oor hoe hy beplan om onwettige behuising oor die kort, medium en lang termyn op hierdie stuk onbewoonde en bewarens-waardige grond te keer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.