Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rubriek: Hallo Kovid, die naam is Kom; Es Kom

En so sal dit wees – Eskom aan die een kant en Kovid aan die ander, en ons in die middel . . .

Nou die aand het Mohammed Ali ook nog – boonop kaalvuis met donderslae – alles in sy pad uit die hemele gemoker dat ek sommer kaalvoet uit die bed gespring het om die blitskettings van my voorstoep af waar te neem. Ek dink juis – as nuuskierigheid kaf was, was ek al deur die koei se agterstewe. Maar gou was ek weer binne om weg te vlug van die bibber, wat nou ook opgekruip het na ’n onbetaamlike plekkie wat ek sommer die bynaam “krimpvarkie” wil gee.

Met hierdie skrywe wil ek u, my liewe medereisiger, opbeur met die beste medisyne teen alles. Die lag moet gedurig om u mondhoeke speel as ons letterlik en figuurlik rondskuif en probeer deal met hierdie Kovid en sy ander trawant met die naam Es en die van Kom. Dis mos vanselfsprekend as dit ons laagvat om ons verwese te laat met net pap batterye wat nie kan voorbly met voorsiening nie.

Nou die aand was dit weer sulke tyd wat my ook laat wonder oor Kasteeltyd toe Jan en sy maats nagwerk gedoen het en met fakkels na onbetaamlike plekke begelei is, met die joos wat uit die boks wil kom as hulle dit oopmaak, met die surprises wat sommer op hul skoot val en weer daartoe aanleiding gegee het om die Kasteel se logboek se blaaie uit te skeur om hul spore te verbloem en weg te steek. Natuurlik is dit maar spekulasie aan my kant, maar ek het mos gesê: As nuuskierigheid kaf was . . . en donkerwerk is mos konkelwerk!

Kovid is ook nou besig om ’n ander kleur te kry. Met lente in die lug is daar mos allerhande kleure, maar hierdie een vermom hom/haar so goed soos ’n verkleurmannetjie dat dit sy teenwoor­dig­heid sommer in jou gesig, oop en bloot, verkondig, maar danksy maskers is ons goed beskerm, en dit maak dus ander beelde los waar die gedans op ’n afstand om alles wat ’n lewende mens is, jou noop om die blues te vermy en die Jerusalema uit te voer!

Ek het nou die dag in my motor uit Idasvallei na Cloetesville probeer vlug om van die kiem weg te kom, maar dit het my met ’n boete van R400 teen 78 km/h in ’n sone vir net 60 gelaat!

Só dans ons as ek ook om die besnotte wandel van die wet eierdans, wat ook maar ’n esel kan wees, as ek pay up met ’n smile en seker maak my alkoholvlak is nul, soos Mike Reyneke verlede week in hierdie koerant beswaar gemaak het oor dié absurditeit van lugwinde wat deesdae deur die powers that be in die eter gelaat word!

Maar, om terug te kom na hierdie gedonder en geblits soos die aanslag van nou die aand – dis mos hoe ons dit ken. Dit het egter so lank weggebly dat dit vir ons kinders en katte en honde ’n vreemde verskynsel is. Een van ons geleerde weerprofete het verlede jaar voorspel ons gaan ’n droë winter hê, jip; almal is nou deurmakruis en ons weet nie eintlik wie ons moet glo nie. Die kerk is ook nie nou meer daar om ons gewete te versterk nie!

Ek wonder juis ook nou oor die oermens, toe hulle in hul grotte die stem van die gode uit die lugruim hoor en ’n eie interpretasie daaraan gee toe hulle sien hoe die blits hul vee neerslaan, maar smeulend die lug vul met die heerlike geur van vleis wat braai en geboorte gee aan ’n tradisie wat in hierdie moderne tye nou are met vette verstop en jou nou met die Kovid versigtig nader laat staan vir bloedtoetse om hierdie vet-bedreiging ook in toom te hou!

My raad aan u is soos Aubrey T. Siegels in die briewekolom waarsku: Bly weg van Kobus! Laat ons ook maar die weer in vrede los. Dit voorspel net ’n goeie lente en somer, as ek probeer om soos ’n volstruis my kop uit die sandhoop te kry om verstikkend te skree:

Viva, Suid-Afrika, Viva!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.