Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sakelui gewurg

Terwyl talle Stellenbossers ontevrede is oor die nuwe parkeerstelsel in die dorp, sê sekere sake-eienaars hulle verloor klante.

Van 1 April behartig Street Parking Solutions (SPS) open­bare parkering in Stellenbosch waar motoriste slegs op elek­troniese wyse vir parkering mag betaal.

“Die stadsraad gee nie om oor sakeondernemings in die dorp nie,” vertel Hannes van der Merwe, eienaar van Pet Food City by Stelmark-sentrum. “Toe ek hiér begin het, was parkering gratis. Toe maak die stadsraad dit ’n betaalde parkeergebied. Hier is een uit- en een ingang en dit is nag.”

Hy sê verlede week was dit chaos omdat al die motors in- en uitgeskandeer moes word. “Die motors het tot om die draai gestaan. Hulle kon nie inkom nie, want die karre kon nie gou genoeg uitgaan nie. Drie kliënte het gister vir my gesê hulle kom nie weer terug nie. ‘Ons gaan dáár waar ons gratis parkering het, want hierdie stadsraad buit ons uit.’ Dit was die mense se woorde. Die pryse styg en ons omset daal elke maand. Ek is gedwing om vir my ’n tweede winkel in ’n kompleks, waar daar gratis parkering is, oop te maak.”

Een van die klagtes wat Eike­stadnuus die meeste oor die nuwe stelsel ontvang het, was dat dit te lank neem om vir parkering te betaal. Dis iets wat hierdie sake-eienaars ook opgelet het.

“Jy kom om ’n brood te koop, staan vyf minute in die ry by die winkel om te betaal, maar dan wag jy lank om uit die par­keergebied te kom. Dan moet jy betaal, want jou gratis halfuur is verby, maar dit was nie eens jou skuld nie.”

Volgens Esmé Hunt, die eie­naar van Shamrock Pies in dieselfde sentrum, raak die voete al hoe minder.

“Ek maak staat op studente en hulle wil nie meer hiernatoe kom nie. As hulle hier kom koop, word hulle geteister deur haweloses wat geld soek, mense wat in die pad urineer en nou moet hulle nog vir parkering ook betaal,” vertel Hunt.

“Die stadsraad laat toe dat die inwoners van die dorp moet uitgaan om hul inkopies te doen. Wat voel hulle vir ons? Ek sê niks,” volgens Van der Merwe. V Vervolg op bl. 2.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.