Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sentrum bied toekoms vir jonges

Die nuwe Leeu-leersentrum stel jongmense in staat om meer oor die digitale en inligtingsekonomie te leer.

’n Mooi lokaal, voorpunt­toerusting en professionele ondersteuning is volgens kenners die drie elemente wat broodnodig vir jongmense is om te studeer en te ontwikkel.

Danksy die nuwe Leeu-leersentrum wat 1 Februarie sy deure by die Franschhoekvallei-gemeenskapsportsentrum oopgemaak het, kry kinders van Franschhoekvallei die geleent­heid om te ontwikkel. Die Leeu-leersentrum is in 2015 deur Hope Through Action gestig.

Die Leeu Collection het die behoefte vir kinders in die Franschhoekvallei raakgesien om gratis, aanlyn onderrig te ontvang.

Volgens kenners sal digitale vaardighede ’n sleutelrol in die vierde nywerheidsrevolusie speel en vorm nou ’n integrale deel van die leersentrum se geriewe en bronne.

Danksy ’n finansiële inspuiting oor drie jaar is die Leeu-leersentrum daagliks van 09:00 tot 19:00 oop. Die 12 moderne rekenaars verleen internettoegang en daar is ook druk- en fotostaatgeriewe. Die klein bestaande biblioteek is uitgebrei en voorsien nou kurrikulum-skoolmateriaal, volwasse fiksie en kinderboeke asook koerante en tydskrifte.

Opvoedkundige flieks is ook beskikbaar. Die geriewe is vir volwassenes in die oggende beskikbaar terwyl programme namiddae op kinders en huiswerk sal fokus.

Volwassenes kan die sentrum ná ure besoek, ’n koffie geniet of ’n potjie skaak speel óf die toerusting vir akademiese studies aanwend.

Akademiese ondersteuning met aanlyn en vakspesifieke raadgewers is beskikbaar sáám met gevorderde rekenaarbystand vir take en ekstra klasse.

“Skooltake benodig meestal inligting wat aanlyn verkry moet word. Baie skoliere het nie ’n stil ruimte waar hul kan studeer óf toegang tot ’n rekenaar het nie. Die sentrum hoop om minstens 200 kinders per week in die eerste jaar te bereik. Ouer studente benodig ook rekenaar­toegang vir werkvooruitsigte veral omdat handgeskrewe dokumente nie meer aanvaar­baar is wanneer daar vir werk aansoek gedoen word nie,” sê een van die personeellede.

Hierdie geriewe word ook volgens hom geïntegreer met bestaande geriewe by die Franschhoekvallei-gemeenskap­sportsentrum, soos byvoorbeeld sport-, leierskap- en lewens­vaardigheidsopleiding.

Die Franschhoekvallei-gemeenskapsportsentrum is in 2015 by Groendal begin en is een van verskeie projekte wat deur die Hope Through Action-stigting, ’n organisasie sonder winsbejag wat saam met sy vennoot, Score, in Franschhoek en die Paarl bedryf word. ’n Nuwe sentrum word in Mei in Malmesbury oopgemaak.

“Die Leeu-leersentrum en die Hope Through Action-stigting werk saam aan projekte om ruimte en aanlyn geriewe saam met opvoedkundige bronne asook ondersteuning aan leer­ders deur middel van profes­sionele werkers en vrywilligers te voorsien,” sê hy.

Die Leeu Collection is ’n internasionale luukse leefstyl-, hotel- en kulinêre organisasie wat verskeie sakeondernemings in en naby Franschhoek besit. Dié onderneming sal die opvoedkundige projek bevorder, geld verskaf en bykomende wyses vind om die sentrum en sy doelwitte te ondersteun.

Die Leeu Collection het jong kinders en die jeug van die Franschhoekvallei geïdentifiseer as ’n primêre teikengroep vir sy korporatiewe sosiale belegging­strategie en is verbind tot die vestiging van veilige, gemaklike en goedtoegeruste sentrums wat akademiese prestasie sal bevorder en ’n lewenslange lus vir leer help kweek.

Die bekendmaking van Leeu Collection se doelwitte rakende hierdie leersentrum laat ook ruimte vir besoekers by enige van die Leeu-instansies internasionaal om geld óf boeke óf tyd in die vorm van vrywil­lige voorlees aan die kinders by die sentrum te skenk.

“Hierdie soort bydraes sal pret en unieke waarde toevoeg terwyl die vallei se jeug vir sukses in ’n toekoms toegerus word. ’n Toekoms oorheers deur die digitale en inligtingsekonomie,” sê die personeellid.

Analjit Singh, die stigter van die Leeu Collection, som die projek se oorkoepelende filosofie kort en kragtig op: “Leer en opvoeding is die sleutels tot persoonlike ontwikkeling. Soos ons onsself leer om waardige landsburgers by die huis, werk of enige ander plek te wees, dra ons by tot die bou van ons gemeenskap.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.