Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
SM dans maar na Nersa se pype

Munisipaliteite het nie veel inspraak wanneer dit by die verhoging van elektrisiteitstariewe kom nie.

“As plaaslike regering is ons deeglik bewus van die swaar ekonomiese omstandighede waaronder baie van ons inwoners gebuk gaan en die impak wat ’n verhoging in tariewe op mense het. Ongelukkig het die munisipaliteit nie baie sê in die verhoging van elektrisiteits­tariewe nie, aangesien die voorgestelde verhogings deur Nersa en Eskom bepaal en goedgekeur word,” het Gesie van Deventer, die uitvoerende burgemeester, in ’n verklaring gesê.

Die stadsraad het verlede week die begroting goedgekeur wat tariewe met net meer as 13% verhoog.

Volgens Van Deventer koop die munisipaliteit alle elektrisiteit in grootmaat by Eskom en is daarom onderhewig aan die aanbevelings van Nersa en Eskom en moet die tariewe ingevolge hul aanbevelings vasstel. “Eskom en Nersa het met die voortslepende voorsieningkrisis wat die land in beurtkrag gedompel het, ’n verhoging van 15,63% op grootmaat­verkope aan munisipaliteite aangekondig. Om inwoners by te staan, het die munisipaliteit soveel as moontlik van die Nersa-verhoging (2,56%) absorbeer en sal tariewe met slegs 13,07% verhoog eerder as die voorgestelde 15,63%.

“Ons is bewus daarvan dat vals bewerings op sosiale media versprei word, onder meer dat munisipaliteite self die kragtariewe bepaal. Dit is egter nie waar nie. Alle elektrisiteitstariewe is onderworpe aan die goedkeuring en instruksie van Nersa en Eskom,” volgens Van Deventer.

Die munisipaliteit moedig steeds inwoners aan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

“Die Stellenbosch-munisipaliteit het ook ’n verordening vroeër vanjaar goedgekeur wat voorsiening maak vir die opwekking van eie elektrisiteit deur inwoners, en die terugvoer daarvan in die netwerk. Dit maak ons een van die min munisipaliteite in die land wat inwoners so tegemoet kom,” het Van Deventer gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.