Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Span toor in bos om fliek te maak

Die bekroonde fliek Toorbos is Vrydag 13 November landwyd in teaters vrygestel.

Luidens ’n persverklaring handel Toorbos oor die ontworteling van ’n jong bosmeisie tydens die tydperk van die finale bosbewoners in die Knysna-bosse van die 1930’s. Die prent vertel die verhaal van Karoliena Kapp, ’n sterk vrou, se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ’n struikelblok word in haar ondervinding van die man wat sy liefhet.

Die fliek is ’n verwerking van die skrywer Delene Matthee se topverkoperboek Toorbos.

René van Rooyen, die regisseur en draaiboekskrywer van Toorbos, sê sy het in 2012 met die ontwikkeling van die verwerking begin en dit oor ’n tydperk van ses jaar gedoen.

“Ek kan die oomblik en die lees van die laaste bladsye baie duidelik onthou,” vertel Van Rooyen, ’n Jamestown-inwoner.

“Die onmiddellike gevoel wat ek gehad het, is dat die liefdesverhaal my sterk opgeval het. Ek was pas getroud en dit was ’n baie anderse, eerlike verhaal van liefde en hoe mense se paaie dikwels uitmekaarloop, maar met roetes wat hulle stap om mekaar weer te vind.”

Volgens Van Rooyen het sy groot bewondering vir Karoliena se vasbeslotenheid om uit te staan vir haar uitkyk op die lewe en die impak wat dit op haar as leser gehad het.

“Ek het ook geweet die groter temas, dié van modernisering en wat ons verloor in ons ontworteling van die natuur, ’n baie sterk agtergrond sal wees waarteen die liefdesverhaal afspeel. Dit was ’n tydsame proses om nie alleenlik die hart en siel van Dalene se werk vas te vang nie, maar ook om so ’n epiese verhaal te verwerk en finansiering te kry om dit na die grootskerm te bring.”

Gevra watter soort gehoor aanklank by die fliek sal vind, vertel Van Rooyen Toorbos het tot dusver ’n uiteenlopende gehoor gelok – dié wat graag ’n mooi liefdesverhaal op die skerm wil sien, asook diegene wat die sosiaal-politieke geskiedenis van die 1930’s interessant vind.

Sy sê: “As ’n verwerking van een van Dalene se vername bosboeke, spreek dit tot ’n baie breë gehoor. Dit is vir enigiemand wat weggevoer wil word na ’n ander, misterieuse wêreld van die magiese Knysna-woude van die 1930’s.

“Wat die verfilming uniek gemaak het, is die feit dat ons die tonele diep in die Knysna-bosse geskiet het. Ons was ’n maand lank afgesny van die buitewêreld, met geen selfoonsein nie. Ons moes huise en dorpe in die bos bou, karre moes ingesleep word, diere, donkies, ekstras . . . dit was ’n baie spesiale ervaring vir almal.”

Volgens Van Rooyen was dit ook koud – in die middel van die winter – en baie modderig, wat die fliek ’n unieke gevoel gee en tot die atmosfeer bydra.

“Buiten dit was dit ’n groot verantwoordelikheid om aan ’n Dalene Matthee-projek te werk en die akteurs het baie lank voorberei, nie net in die bou van hul begrip van die karakters nie, maar ook in die gebruik van die bostaal en hul lyftaal-ontwikkeling, Toorbos in alle aspekte, die kinematografie, die klankbaan, die finale meng, gebou om op ’n grootskerm vertoon te word. Dit is slegs daar dat ons die gehoor werklik kan wegvoer na die Knysna-woude van die 1930’s.”

Van Rooyen woon die afgelope vier jaar in Jamestown. Hieroor sê sy dis ’n wonderlike, ondersteunende gemeenskap en ’n pragtige, rustige atmosfeer wat die ideale ruimte skep om skeppend te wees. “Ek het ook hier geleer wat dit beteken om ’n gemeenskap te dien. Ek is lid van die belastingbetalers­vereniging en het soveel bewondering vir al die wonderlike werk wat die verskillende gemeenskapslede hier verrig – ek word daagliks deur Jamestowners geïnspireer.” . Toorbos sal Suid-Afrika by die 2021-Oscars verteenwoordig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.