Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Speelpark vir Cloetesville beplan
06 September 2018

Marianne Armoed smag na ’n speelpark in Cloetes­ville sodat haar kinders nie dieselfde as hul boetie oorkom nie.

Armoed, ma van Merlin Armoed (6), sê sy kan nie toelaat dat haar jongste kind, AJ (3), buitekant met ’n bal speel nie, want hy loop die gevaar om deur ’n motor getref te word.

Merlin Armoed (8) en Owen Witbooi (11) is die aand van 22 Augustus oorlede nadat hulle deur ’n voertuig raakgery is terwyl hulle op ’n skaatsplank gery het. Dié voorval het op die hoek van Lang- en Rhodestraat plaasgevind.

Die Melodyhof-woonstelblok, waar die seuns gewoon het, is langs die pad waar die voorval plaasgevind het.

Die familie sê hulle dink ook daar moet ’n spoedhobbel in Rhodestraat aangebring word omdat daar gereeld botsings dáár plaasvind.

“Ons wil ook graag heinings om die woonstelblok hê sodat ons kinders veilig kan speel,” vertel Marianne.

Intussen beplan die hoof van Pieter Langeveldt Primêre Skool, waar die seuns skoolgegaan het, om Vrydag 14 September ’n veiligheidsbewus­makingsveldtog voor die skool in Langstraat te hou.

“Ons as skool voel dit is tyd dat ons gemeenskap moet opstaan en saamstaan om ’n veilige hawe vir ons kinders te skep,” sê Liezl Terhoeven.

“Dit was ’n baie tragiese gebeurtenis en ons wens dit vir geen gemeenskap toe nie.”

Volgens Terhoeven is die voorval ’n aanduiding van die gebrek aan veilige ontspanningsgeriewe vir kinders in die gemeenskap.

“Ons doen ’n beroep op die plaaslike regering om ’n tuiste te skep waar ons kinders kan speel, maar steeds veilig voel.”

Volgens Stuart Grobbelaar, Stellenbosch-munisipaliteit se kommunikasiebestuurder, is daar reeds R500 000 vir ’n skaatsplankpark in Cloetesville begroot.

“Die projek is deel van die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) vir die huidige boekjaar. Die plan is om die park te bou by die tennisbane.

“Twee van die vier bane sal gebruik word as perseel om die park op te bou.”

Daar is sprake dat die park glo na die twee seuns wat in die ongeluk gesterf het, genoem sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.