Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stellenbosch kry nuwe toerismeplan

Vervolg van bl.1

“Ons en ons kollegas in die Franschhoek-wynvallei sien uit na samewerkende inisiatiewe om vooruitgang van die groter Stellenbosch-streek te verseker,” sê Ratcliffe.

Die stigtingsproses van die nuwe toerisme-bemarkingsplan is volledig ontplooi.

’n Inklusiewe loodskomitee, wat alle sektore en belangegroepe van die toerismebedryf in Stellenbosch verteenwoordig, het reeds die beplanning en operasionele werk van die organisasieafgehandel.

Dié komitee gaan in die toekoms deur twee voorsitters, Ratcliffe en Jan Scannell (voorsitter van Stellenbosch 360), bestuur word.

Die eerste beplanningsvergadering is vir Junie 2019 geskeduleer en meer inligting oor die nuwe organisasie, leierskap, dienste en lidmaatskaps-geleenthede sal in Julie bekend gemaak word.

Intussen sal bestaande dienste en aktiwiteite van die onderskeie belanghebbende groepe, soos die toerisme-besoekersentrum, tot verdere kennisgewing voortgaan.

“Die direksie van Stellenbosch 360 is oortuig dat die organisasie die ideale afskopplan is om die bestaande aksies van Stellenbosch 360 verder uit te bou,” sê Scannell.

“Gemeenskapsontwikkeling is die hoeksteen waarop Stellenbosch 360 se uitgebreide internasionale toerisme-promosie geskoei is.”

Die samestellers van die organisasie stem saam met die strategiese doelwitte van die munisipaliteit om onder meer Stellenbosch as die middelpunt vir vernuwing in Afrika te vestig.

Dit is verder ook ’n prioriteit om Stellenbosch as ’n topbestemming vir plaaslike en oorsese besoekers te posisioneer.

Gesie van Deventer, die uitvoerende burgemeester van Stellenbosch, het die samesmelting soos volg saamgevat: “Die strategiese en geïntegreerde samewerking van alle rolspelers in Visit Stellenboschsal die enorme ontwikkelingspotensiaal van toerisme ontsluit, ons nasionale en internasionale beeld verhoog en meer geleenthede vir ons gemeenskappe skep om optimaal te floreer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.