Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stellenbosch-munisipaliteit het planne vir sy grond
06 September 2018

Hoeveel ongebruikte grond (ha) is daar in die Stellenbosse munisipale gebied? Die munisipaliteit beskik tans oor 189 ha landbougrond wat nie verhuur word nie en wat buite die stedelike rand lê. Sowat 1 310,76 ha word tans uitverhuur.

Waarvoor word hierdie verhuurde grond aangewend? Van hierdie verhuurde grond is alles landbougrond, met die uitsondering van ’n stuk wat gebruik word vir bosbou en die gholfbaan.

Wat is die termyn van verhuring en is daar ’n vasgestelde minimum of maksimum tydperk vir verhuring? Die meerderheid van die kontrakte is langtermynkontrakte wat dateer uit 1991. Daar is nie ’n voorskrif vir die huurtydperk nie. Die enigste bepaling is dat kontrakte wat gesluit word vir ’n tydperk langer as tien jaar, notarieel verlei kan word deur die huurder. Dit word met ander woorde by die aktekantoor geregistreer.

Waarvoor word munisipale grond wat nie deur die raad gebruik word nie, tans benut? Ons is in die proses om seker te maak dat al ons huurgrond optimaal benut word. Waar grond wat geskik is vir landbou nie optimaal benut word nie, sal dit oorweeg word om die grond beskikbaar te maak vir nuwe opkomende boere om ’n nuwe lewe en nuwe geleenthede vir hulself te skep.

Ten einde effek te gee hieraan het die Raad onlangs ’n nuwe beleid aanvaar wat die aanwend van munisipale landbougrond op ? transformerende en inklusiewe wyse sal bestuur.

Deur die verhuring van tans onverhuurde munisipale landbougrond aan opkomende boere en nuwe toetreders tot die landboumark, sal dit mettertyd oorweeg word om die grond oor te dra in eienaarskap op voorwaardes soos goedgekeur deur die raad. Die dryfveer agter die beleid is om die beginsels van gelykheid, regverdigheid en volhoubaarheid in grondtoekenning aan te pakk en so ook armoede en werkloosheid te takel.

Met hierdie benadering wil ons verseker dat elke hektaar munisipale landbougrond wat nie tans bewerk word nie, optimaal benut sal word om nuwe boere te bemagtig met munisipale grond (wat) beskikbaar (is).

Daar is ook heelwat staatsgrond binne die munisipale gebied, maar dis buite die stedelike raamwerk. Van hierdie grond word aangewend vir bosbou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.