Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stellenbosch spring nie derde Covid-19-golf vry

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het vandeesweek ’n dringende beroep op inwoners gedoen om die Covid-19-maatreëls te volg en gewaarsku die derde vlaag is op hande en Stellenbosch en omgewing is nie van die derde vlaag gevrywaar nie.

Stellenbosch het tans 263 aktiewe gevalle (soos op Dinsdag 15 Junie) – die tweede hoogste getal in die Kaapse Wynland-distrik, naas die Drakenstein-munisipaliteit met ’n kommerwekkende 609 gevalle. Altesaam 238 sterftes is tot dusver in Stellenbosch aangemeld.

“Mense van alle ouderdomme moet versigtig wees omdat Covid-19 nie onderskeid tref nie. Ons wil ook ons plaaslike rolspelers bedank vir hul inisiatief om die virus te stuit,” het Sandra Maritz, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, gesê.

Gesondheidswerkers werk steeds hard om by te hou met die stygende gevalle en om die inentingsproses aan die gang te hou.

Stellenbosch het teen Dinsdag altesaam 2 842 eerste dosisse vir die tweede fase hanteer.

Wat moet jy onthou as jy positief vir Covid-19 getoets word?

Dit is belangrik om te onthou dat ’n mens steeds vir tien dae moet afsonder. Mense wat op toetsuitslae wag, moet ook ander in kennis stel met wie hulle in kontak was en moet hulle dan ook afsonder. In afsondering mag geen besoekers ontvang word nie en jy moet ook nie die huis verlaat nie. Vra vriende en familie om inkopies te doen en bly in kontak met die gesondheidswerker.

“Jou risiko vir Covid-19 word beperk wanneer jy ’n masker dra, vars lug het, ’n veilige afstand van ander hou en so min as moontlik blootstelling aan ’n groot groep mense het,” het Maritz afgesluit.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het ook inwoners gewaarsku oor fopnuus oor Covid-19 en inentings. “Maak staat op betroubare nuusbronne vir inligting oor die virus en inentings.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.