Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stellenbossers stem flink in reën

Honderde studente, van wie baie vanjaar die eerste keer gestem het, het gisteroggend vroeg die reën getrotseer om te stem.

Van hulle het buite die Stellenbosch-stadsaal aangedui dat hulle vroeg wou stem sodat hulle die res van die dag kon slaap en studeer.

Ander, soos die sibbe Frances (18), Victoria (23) en Thomas Craddock (20), het gesê hulle was angstig om te stem omdat dit twee van hulle se eerste keer was. “Ons wou ook die lang toue mis en was reeds 06:40 hier. Dis nou 07:40 en ons het klaar gestem, so dit het nie so lank geneem nie.”

William Eveleigh (20) het ook vanjaar die eerste keer gestem. “Dit voel fantasties. Dis lekker om deel hiervan te kan wees. Dis goed om te voel jy maak ’n verskil en jy wil natuurlik ’n beter toekoms vir jou kinders skep.”

Fryhoff du Toit (18), wat by Coetzenburg-sentrum gestem het, voel ook hy maak ’n verskil met sy stem. “Daar is niks beter as om deel te neem nie.”

Verteenwoordigers van die ACDP was ook by Coetzenburg-sentrum. Politieke partye mag nie verkiesingsveldtogte by stempunte hou nie, maar mag algemene vrae, soos waar om te stem indien jy swanger is, beantwoord. Steve Swart, ’n lid van die parlement vir die ACDP, sê hulle voel goed oor hul kanse in vanjaar se verkiesing. “Ons kan dalk een van die grootste partye in die Wes-Kaap wees mits die DA minder as 50% steun kry. Ons het onlangs 20% van die stemme in ’n tussenverkiesing in Bonteheuwel (op die Kaapse Vlakte) gekry en aanduidings in peilings lyk baie positief vir ons.”

Teen druktyd het dinge by die meeste stempunte vlot verloop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.