Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Steun ons ‘kleurryke taal’ in Moedertaalmaand

Moedertaaldag word jaarliks wêreldwyd 21 Februarie gevier en volgens Karien Brits, ATKV-bestuurder vir taal, gaan dit oor veel meer as net een taal.

“Moedertaalonderrig gaan nie net daaroor dat Afrikaans vir ons ’n mooi taal is en dat ons dit wil behou nie. Natuurlik is dit ’n mooi taal en wil ons dit behou, maar dit gaan oor veel meer. Dit gaan oor die toekoms van jou kind. Moedertaalonderrig bly die beste keuse vir jou kind se akademiese loopbaan,” sê sy

Die Afrikaanse webwerf Afrikaans.com glo in Afrikaans se waarde as onderrig­medium en dat moedertaalonderrig vir Afrikaanssprekers ’n stewige grondslag gee wat dien as wegspringplek op pad na sukses.

“Enkelmedium-Afrikaanse skole het vanjaar ’n slaagsyfer van 90% behaal en 10 uit die 20 skole wat die meeste onderskeidings in verlede jaar se matriekeksamen gekry het, is Afrikaanse skole. Dit alles danksy moedertaal­ onderrig,” meen Annelie van Jaarsveld van die webwerf.

“Omdat dit vir ons almal ’n saak van erns is om alle moedertale te sien groei en gedy, het talle Afrikaanse organisasies saamgespan om inligting saam te stel wat die boodskap van moedertaalonderrig doeltreffend en duidelik oordra. Ons wil hê dat almal die voordele hiervan sal besef sodat ouers ingeligte besluite sal neem wanneer hulle kinders moet skool toe gaan. Hierdie inligting bemagtig ook onderwysers wat dikwels met moedelose ouers oor hul kind se wiskunde- of wetenskappunte moet gesels. Kinders kry hierdie vakke soveel makliker onder die knie wanneer hulle dit in hul moedertaal kan leer verstaan.

“Afrikaans is ’n kleurryke, flambojante taal en daar is min ander tale waar jy jouself so na hartelus kan uitdruk. Dis ’n taal so uiteenlopend soos sy mense . . . dis die taal waarin sy sprekers lééf, lag en huil.

“Afrikaans is modern, jonk en op die naalpunt van tegnologie. Ons moedig mense aan om Afrikaans ook op sosiale­mediaplatforms vastrapplek te gee en die Afrikaanse voetspoor op die wêreldwye web vas te lê. En die belangrikste is dat die platforms jou die geleentheid gee om na te dink oor jou taal en jou identi­teit,” meen sy.

Van Jaarsveld meen jy kan Moedertaal­maand ondersteun deur deel te raak van die Afrikaans.com-beweging vir Afri­kaans, die taal te praat en jou kennis oor die oorsprong en die unieke plek van hierdie taal in Suid-Afrika uit te brei, én jou kind so lank moontlik in sy/haar moedertaal te laat leer - so ontwikkel jy respek en insig vir jou mense en ook vir ander en kry jou kind die geleentheid om vanuit sy/haar wortels te ontwikkel, te groei en te gedy.

Sy het ook ’n beroep op mense gedoen om Afrikaanse organisasies, Afrikaanse feeste, Afrikaanse musiek, boeke en teater te ondersteun. “Kyk Afrikaanse TV, lees Afrikaanse koerante, tydskrifte en besoek die Taalmuseum – en leef in Afrikaans.” V Vir meer oor Afrikaans.com gaan kyk op www.afrikaans.com of stuur ’n e-pos aan Ingrid Erlank, redakteur: Afrikaans.com: ingrid@afrikaans.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.