Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stortingsterrein byna vol

Die munisipale stortingsterrein by Devonvallei sal binne die volgende paar maande kapasiteit bereik.

Volgens Stuart Grobbelaar, die Stellenbosch-munisipaliteit se kommunikasiebestuurder, word remediërende aksies deur die munisipaliteit geïmplementeer.

“Ons het reeds begin met planne om die bestaande stortingsterrein te vergroot. ’n Afdeling 78-proses het bepaal dat ons addisionele kapasiteit by ons bestaande stortingsterrein sal kan voeg, wat ons sal toelaat om die stortingsterrein vir nog baie jare te laat funksioneer. Dit behels egter die skuif van oorhoofse Eskom-lyne asook verskeie omgewingsimpakprosesse wat gevolg moet word.

“Die toestemming is reeds verkry en die munisipaliteit het Eskom reeds hiervoor vergoed.

“Die omgewingsimpakstudies, wetlike prosesse en die konstruksie van die uitgebreide stortingsterrein sal egter ’n lang proses wees. Ons vullis sal intussen na ’n alternatiewe stortingsterrein herlei word.”

Voorts gaan die munisipaliteit ook sy herwinningsaktiwiteite regoor die munisipale gebied opskerp. “Die doel is om elke huishouding te betrek om te herwin. Ons is tans besig om verskeie herwinningsmetodes te ondersoek, wat herwinning vir inwoners toeganklik en maklik sal maak.

“Daar sal ook gekyk word na afval-tot-energietegnologie as deel van ’n langtermyn-oplossing en ons werk reeds saam met die provinsie om teen 2022 alle organiese afval van ons stortingsterreine af te herlei en dit in kompos of bioprodukte te verwerk. Hoewel die provinsiale regering die teiken van 50% teen 2022 en 100% teen 2027 gestel het, wil die Stellenbosch-munisipaliteit 100% teen 2022 bereik.

“Ons medium- en langtermyndoelwitte sluit in die herleiding van tot 80% van ons daaglikse afval, weg van ons stortingsterreine na herwinningsaanlegte. Dit sal egter net kan gebeur indien elke inwoner met ons saamwerk.

“In die komende maande sal ons besonderhede deel oor die uitrol van ons projekte en hoe inwoners daarby betrokke kan raak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.