SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Swart Sondag in S’bosch
Foto ter illustrasie. Foto: André Damons

Dit was ’n swart Sondag in Stellenbosch nadat ’n kind verdrink het en ’n ander deur ’n familielid verkrag is.

’n Inwoner van Devonvallei het 28 Oktober die lyk van ’n kind wat verdrink het uit die dam by die Weltevrede-kwekery gehaal.

Volgens kapt. Nathalie Martin van die Stellenbosch-polisie het beamptes 18:40 by die toneel aangekom waar die 14-jarige se lewelose liggaam reeds langs die dam gelê het.

Gemeenskapslede het die beamptes meegedeel dat die kind in die dam verdrink het en die lyk deur een van hulle uit die dam gehaal is.

Mediese personeel is na die toneel ontbied, wat die drenkeling dood verklaar het. Die voorval word nou deur die polisie ondersoek.

Martin sê die polisie moedig kinders in die landelike gebiede aan om nie in plaasdamme te swem nie aangesien hierdie damme baie diep en modderig kan wees en dikwels ook veels te groot is vir kinders om van een kant na die ander te swem. “Ons vra ook dat ouers hul kinders moet waarsku oor al die gevare as hulle in ’n dam gaan swem.”

Martin het ook aan Eikestadnuus bevestig dat ’n tweejarige meisie van Kayamandi glo dieselfde dag deur ’n 47-jarige familielid verkrag is. Die man is intussen in hegtenis geneem.

Die kind se ma het glo ’n familielid in Thubelitsha besoek toe die voorval plaasgevind het.

“Sy was besig om te kook en het ’n paar potte by ’n nabye familielid gaan haal. Haar kind het geslaap.

“Toe sy ’n paar minute later teruggekeer het, het sy gesien die slaapkamerdeur is toe. Sy het dit probeer oopmaak, maar dit was geblok.”

Nadat sy die deur oopgedwing het, het die ma die verdagte met net sy onderklere aan in die kamer gevind. Haar kind se onderlyf was kaal hoewel sy vroeër klere aangehad het.

Die vrou het om hulp geroep waarna haar bure haar te hulp gesnel en die polisie ontbied het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.